Polisie fnuik kitsbankroof

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie vermeende rowers is Woensdag naby Tonga in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes inligting ontvang het van planne om ʼn kitsbank in die gebied op te blaas.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang dat rowers beplan om ʼn kitsbank in die Kamhlushwa-gebied op te blaas. Polisiebeamptes, wat vroeër in die gebied ontplooi is om die gebied vir onverwante onluste te monitor, is van die beplande kitsbankrooftog ingelig en aangesê om op die uitkyk te wees vir die verdagtes se voertuig.

Die beamptes het omstreeks 02:30 die voertuig opgemerk en dit voorgekeer. “Een van die verdagtes het dadelik uitgespring en tussen nabygeleë huise in gevlug,” het Hlathi gesê. “Van die polisiebeamptes het hom agternagesit, maar hy het ontsnap. Die verdagte het vermoedelik ʼn AK47 en twee pistole in sy besit gehad.”

Hlathi het gesê drie ander verdagtes, tussen die ouderdomme van 38 en 46, is in hegtenis geneem nadat ploftoestelle in hul besit gevind is. Een van die verdagtes is ʼn plaaslike inwoner, terwyl die ander twee van Gauteng af kom.

“Die verdagtes sal Donderdag in die Tonga-landdroshof verskyn. Die ondersoek rondom hierdie voorval duur voort,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre de Kock ·

Was iemand al op Tonga? Dis die grootste lokasie in die land. Daar is meer Mosambiekers as Suid Afrikaners. Ek het seker 40km deur Tonga gery. Dis n nes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.