Polisie fnuik poskantoordiewe

Argieffoto

Argieffoto

Een man is Maandagmiddag dood en nog ʼn persoon beseer tydens ʼn skietery met die polisie wat ʼn diefstal in Npafufu in die Oos-Kaap verhoed het.

“Ons het inligting ontvang oor ʼn moontlike rooftog by die poskantoor tussen Lusikisiki en Port St Johns op die R61,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Polisiebeamptes was omstreeks 14:00 op die toneel toe ʼn voertuig die poskantoor genader het. Toe die insittendes die polisie gewaar, het hulle op die beamptes losgebrand, en die polisie het teruggeskiet.

“Een van die verdagtes is doodgeskiet, ʼn tweede verdagte is gewond en vier persone is in hegtenis geneem,” het Fatyela bygevoeg. Die beseerde verdagte is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

“Ons het beslag gelê op drie 9 mm-vuurwapens wat ten volle gelaai was. Meeste van die verdagtes is vermoedelik van Mthatha,” het hy gesê. “Die eienaar van die motor is een van die vier persone wat op die toneel in hegtenis geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hester ·

Ek is bly hulle is aan gekeer. Nie snaaks nie, maar so bly hulle is nie binne in die poskantoor gewees nie. Met die staking en al die pos wat nog nie uit is nie, sou dit onmoontlik gewees het om hulle te sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.