Polisie fnuik roof by casino

(Foto: SA Polisie)

Die polisie het ’n 35-jarige verdagte Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn beplande roof by die plaaslike casino op Burgersfort. Die man is deel van ’n groep vermeende rowers wat die naweek talle plaaslike sakeondernemings in Limpopo probeer beroof het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het ’n wenk ontvang van twee verdagte voertuie waarin die vermeende rowers glo rondgery het. Dié voertuie, ’n Toyota Hilux 28GD6 en ’n Ford Ranger, se nommerplate was albei verwyder.

Die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie, speurders, die polisie se eenheid vir openbare orde en die polisie se honde-eenheid, was besig om die situasie te monitor toe hulle die verdagte voertuie langs die R37-pad van Praktiseer in die rigting van die casino op Burgersfort gewaar het.

Die polisie het op die verdagtes toegeslaan en een van die verdagtes vasgetrek. Dié verdagte was glo ’n inwoner van Mashishing (Lydenburg) in Mpumalanga. Hy was in die besit van verbode vuurwapens sonder reeksnommers sowel as ammunisie.

Luidens ’n verklaring van die polisie is ’n feestyd-misdaadbekampingsoperasies in die Limpopo-provinsie van stapel gestuur om misdaad tydens die feestyd te bekamp. Dié operasie het gelei tot die inhegtenisneming van 246 verdagtes die afgelope week. Die polisie het met die inhegtenisneming beslag gelê op 17 vuurwapens van verskillende kaliber, nege voertuie, ’n groot bedrag kontant asook televisiestelle, selfone, skootrekenaars en messe.

Die verdagtes staan tereg op die ʼn reeks aanklagte, insluitend van moord, poging tot moord, huisroof, verkragting, diefstal, onwettige immigrasie, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook die oortreding van die verkeerswet.

Die laaste inhegtenisneming het Sondag in Polokwane (Pietersburg) in Limpopo plaasgevind. Drie verdagtes is in die vroeë oggendure vasgetrek nadat hulle probeer het om ’n huis in die middestad te beroof. Die polisie het beslag gelê op ’n Audi-voertuig asook ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Van die verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is, het al in verskeie landdroshowe in die provinsie verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale kommissaris van die SAPD in Limpopo, het alle lede wat betrokke was by die operasie geprys vir hulle goeie werk. Hy het ook ’n beroep gedoen op die lede van die gemeenskap om hul samewerking te gee om seker te maak die komende feestyd die veiligste een nóg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leser ·

van die verdagtes was al in vele howe in limpopo provinsie, so wat se dit jou, maak moles, kom in die hof, kry borg, verdwyn en later maak hulle maar weer moles, en so herhaal die siklus hom weer, oor en oor en ………………….

PaulV ·

leser; natuurlik het van die verdagtes al in die hof verskyn. Hulle is deel van die 246 verdagtes wat die afgelope weke in hegtenis geneem is.

KrokodilBotha ·

Die keer het “monitor” resultate gelewer. Baie geluk.

schaun ·

Hierdie moet verkeerd wees die polisie het nie die vermoe om hulself te fnuik nie ek is seker n sekuriteit maatskappy het die skelms gevang en aan die polisie oorhandig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.