Polisie fnuik rooftog by bekende winkelsentrum

Foto: Getrude Makhafola/ANA.

Vier mans is buite die Cresta-winkelsentrum in die noorde van Johannesburg in hegtenis geneem voor hulle na bewering ʼn rooftog kon uitvoer.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier verdagtes het in ʼn swart luikrugmotor na die winkelsentrum gery. Die polisie het die motor opgemerk, gevoel die mans lyk verdag en hulle begin agtervolg.

“Toe die verdagtes in die oprit na die winkelsentrum kom en die polisie gewaar, het hulle uit die motor gespring. Die polisie kon daarin slaag om twee van die verdagtes vas te trek en een is deur ʼn veiligheidswag van die winkelsentrum voorgekeer. Die vierde een is deur die polisie in die voet gewond en is na ‘n  hospitaal geneem,” het Makhubela gesê.

Die polisie is van mening dat die mans beplan het om ʼn rooftog by die winkelsentrum uit te voer.

Daar is beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Ek wonder altyd hoekom die skelms eers vir n halwe dag op die grond moet lê voordat hulle in n polisie voertuig gelaai word en na die selle vervoer word .enige polisie beamptes wat weet hoekom?

Luik rug ·

N luikrugmotor is n motor (kar) met n luik (gat/opening/ ‘ boot’ ) in die rug ( agterkant v d motor) dit is iets soos n volkswagen Golf / n kar wat agter ‘stomp’ afkom agter die agterwiele, wat nie n kattebak soos n Volkswagen Jetta ens het nie, wat n ‘ ekstra’ deel agter die agterwiele het

Elsa ·

Dink nie hul le halwe dag nie, wat maak dit ook saak, die ondersoek word mos gedoen meneer…
Polisie het goeie werk gedoen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.