Polisie fnuik ‘transitorowers’ wat geldwa oopblaas

Die transitorooftog het Woensdag in Danville plaasgevind (Foto: Alert South Africa, Twitter)

Polisiebeamptes het Woensdag tydens ʼn roetine-patrollie in Danville in Pretoria-Wes ʼn onbekende aantal vermeende transitorowers se planne om ʼn geldwa te beroof, gefnuik. Die vermeende transitorowers het die geldwa opgeblaas met die doel om dit te beroof.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 14:45 in Jan Ellis-straat in Danville plaasgevind.

“Die bestuurder van die geldwa beweer ʼn blou Toyota Camry het die geldwa van agter af gestamp en só tot stilstand gedwing. Net nadat die voertuig stilgehou het, is dit deur ’n onbekende aantal gewapende verdagtes genader. Die verdagtes het glo die bestuurder gedwing om uit die geldwa te klim,” bevestig Muridili.

Volgens Muridili het die verdagtes plofstof gebruik om die geldwa oop te blaas en só toegang tot die geld te kry. Dit is in daardie tyd wat die polisie hul verskyning op die toneel gemaak het.

“Die verdagtes het sonder geld van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johnny ·

“transitorowers” in aanhalingstekens in die opskrif. En die berig verwys na “vermeende” rowers, ten spyte vn die feit dat die mense op heterdaad betrap is.
Wat is die storie dat die media so oorversigtig is? Bang om dalk aanstoot aan misdadigers te gee?
MM – moenie die kommentaar verwyder nie – antwoord eerder die vraag.

Friedrich ·

Ek ruik ‘n rot. Hoekom het die drywer uit ‘n gepantserde voertuig geklim? Hoe is dit dat die voertuig gestop het as dit duidelik is dat hulle beroof gaan word? Hoe is dit dat ‘n “groep gewapende mans” weghardloop vir 2 polisie beamptes?

Iets klink NIE reg nie.

Frank ·

Ja nee, ek stem. ‘n Camry gee die gepanserde wa ‘n stampie, nogals van agter, en dan gaan stop hy!!!!!

Elinette ·

Daar is nog iets soos “onskuldig tot skuldig bewys”. As hulle na die “rowers” summier as transitorowers verwys, is dit moontlik dat hulle in ‘n siviele geding betrek kan word. Tot sodanige stadium dat die persone se skuld bewýs is in ‘n hof, word sodanige persoon/persone as “vermeende rowers” gesien.

Johnny ·

Onskuldig selfs al is jy op heterdaad betrap? ‘n Misdadiger kan jou dagvaar vir skadevergoeding as jy hom so noem?
Dis polities-korrektheid op steroïds. Die wêreld het gek geword.

Blikkies ·

Elinette, verduidelik dan asb die plofstof en die ‘Rowers’ se intensie? as dit nie ‘n transito rooftog met transito rowers was nie. En ‘n siviele geding van wie af? hulle hardloop dan weg?

RB ·

Nou wat help dit?
As polisie opdaag wil mens resultate sien!!

Dit klink soos: Wha, hier’s ons!
Daar hol die skelms, polisie skrik so groot hulle doen niks mèèr nie.

Ek hoop dit is bloot onvolledige beriggewing, dalk weens gebrekkige inligting en nie werklik die volle storie nie!

Willem ·

Die rowers het weg gehardloop, onse bloues kan nie meer hardloop nie

SjN ·

Het toe seker net van KFC gekom na etenstyd en toevallig op die toneel afgekom.

casper ·

ANC geld insamelaars vir T shirts en Kentucky voor die stemdag !!!

Gesina ·

Ek kan nie glo hulle praat so nonsens nie, daar was gee polisie wat hulle betrap het nie, die polisie is 20min later daar aangekom, lyk my dis ;n trent om vals inligting te gee dat hulle goed lyk

Kobus ·

Help my asb.
‘n Geldwa is gepantser en word tot stilstand gedwing deur ‘n sedan? Die bestuurder sit in koeelvaste kajuit maar word gedwing om uit te klim? Vreemd,kon die bestuurder nie maar aanhou ry het nie? Ek sou ook bv die voertuig in tru rat gesit het en die sedan opgefrommel het en dan weggery het.

Elinette ·

Ja, en dan het hulle nogal ‘n Toyota Camry gebruik ………. Only in Danville, Pretoria!!!

Cecilia ·

Kobus jy praat so d waarheid. Ek kan dit ook nie verstaan nie. Daai geldwa weeg maklik 3-5 ton. D Camry ry agter teen hom vas. Dis so goed soos n muggie teen n olifant.
D bestuurders vd geldwa’s moet gaan vir defensive driving lesse.

Casper ·

Gesina,dan maak iets nie sin nie.As die polisie 20 minute later opgedaag het hoekom het die rowers nie geld gebuit nie.Miskien was jy daar ek weet nie.Wat het van die wagte geword wat agter in was.Snaaks die rowers skiet nie.As die polisie 20 minute later opgedaag het was die rowers lankal weg.Dit klink vir my baie verdag.

Gesina ·

Ja hulle kon die geld nie kry nie, nadat hulle 3 bomme in gesit het het hulle tou opgegooi en hulle maatjie in die Camri was beseer en het baie gebloei, toe probeer hulle die camri brand

Casper ·

Die geldwa is van agter gestamp deur ‘n camry en so tot stilstand gedwing en ek is die pous.Sameswering tussen wagte en rowers.Dit wil my voorkom of die rowers nie gewapen was nie.

Skuilnaam ·

Was dit nie miskien die polisie SELF wat die geldwa opgeblaas het nie?

JohanR ·

En die plofstof kom van waar. Oor die gren uit Zimbabwe by Beit Brug?

Danie ·

Stem saam met kobus.
n Papierdun toyotatjie stop n gepantserde wa van verskeie tonne van agter af.
Asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.