Polisie fynkam plein in Kaapstad ná bomdreigement

Polisiebeamptes, waaronder lede van die bomeenheid, is Dinsdag by Thibault-plein in die Kaapstadse middestad ontplooi, nadat ʼn wenk oor ʼn moontlike ploftoestel daar gekry is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie soek na ʼn moontlik gevaarlike toestel. Geen verdere besonderhede is nog bekend nie.

Hy het gesê die polisie fynkam op dié stadium nog die plein en omliggende gebied.

Luidens berigte is sommige geboue naby die plein reeds ontruim.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Verstommend ·

Dis nogal verstommend om te sien hoe “casual” die mense die geboue ontruim en buite “rondhang”, dis ‘n ernstige saak mense!

chantel ·

dit sal my nie eens verbaas nie
Ongelukkig sal hierdie slegte dinge meer en meer gebeur want christenskap word uit skole gevat
mense moor en verkrag en kom daar mee weg
prostitusie wil legal gemaak word
dagga is legal
maar net bid vir genade

Stuiwer ·

Chantel, soms moet ‘n mens nie te veel in dinge probeer inlees nie. Hopelik is dit net ‘n hoax en niks ernstig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.