Polisie fynkam toneel ná skrywer se dood

Lede van die polisie se forensiese span op die toneel. Foto: Raahil Sain/ANA

Mark Minnie se seun het vroeër vandeesmaand gesê sy pa het hom in iets begewe wat sy dood kan beteken.

Minnie, een van die skrywers van die omstrede boek, Die seuns van Bird Island, is Maandagaand dood aangetref op ʼn plaas aan die buitewyke van Port Elizabeth. Speurders en ʼn forensiese span was Dinsdagoggend op die toneel.

Minnie, ʼn oudspeurder, het glo kort voor sy dood ʼn vriend gevra of hy na die plaas kan gaan omdat hy “ʼn bietjie wil wegkom van die stad af” en “vars plaaslug” nodig het. Hy is omstreeks 20:50 dood gevind met ʼn skietwond en ʼn vuurwapen langs hom. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Mark Minnie. Foto: NB Uitgewers

Markus Mordiac, Minnie se seun, het vroeër die maand in ʼn inskrywing op Facebook sy bewondering vir sy pa uitgespreek. Hy het verder ook gesê sy pa is nou besig met iets wat sy dood kan beteken.

“Toe my pa die boek voltooi het, het hy vir my ʼn kopie gestuur. Ek het deur die eerste twee hoofstukke gekom en toe opgehou lees. Trane en ʼn swaar hart, wetend dat my pa op pad was om hom in iets te begewe wat sy einde kan beteken,” het Mordiac op 5 Augustus geskryf.

“Ons het nog altyd ons uiteenlopende menings en ʼn teenoorgestelde uitkyk op die lewe gehad,” het hy voortgegaan. “Ek het nooit verstaan hoekom was hy so kwaad, maar tog so beskermend teenoor my terwyl ek grootgeword het nie. Hierdie storie het regtig my perspektief verander. Ek is bly jy het die moed gehad om dit uiteindelik uit die donkerte te bring. My gebede gaan uit na al die slagoffers en ek hoop diegene wat verkeerd gedoen het sal eendag hul straf sal kry. Ek is lief vir jou pa, hou jou kop omhoog. Jy verdien dit,”

Die plaas waar Minnie dood gevind is. Foto: Raahil Sain/ANA

Die gesoute joernalis Marianne Thamm, wat ook by die skryf van Bird Island betrokke was, het intussen op Twitter hulde aan Minnie gebring. “Ek is platgeslaan deur sy dood. Iets is nie reg nie,” het sy geskryf. “Mark jy was ʼn brawe man en jy het jou dogter en seun liefgehad en jy was so gelukkig en trots. Jou moed sal [die krag] wees wat hierdie ding voortdryf.”

NB Uitgewers het ook sy skok uitgespreek oor Minnie se dood. Tafelberg-uitgewers (ʼn druknaam van NB Uitgewers) het Bird Island uitgegee.

“Geskok en hartseer om te hoor van die dood van Mark Minnie. Tafelberg wil sy innige meegevoel betuig in die moeilike tyd. Hy was passievol oor sy werk as polisieman, onderwyser en skrywer.”

Minnie is saam met Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, outeurs van die boek Die seuns van Bird Island wat opslae veroorsaak het nadat dit verlede week bekendgestel is. Dié boek beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Daar word in die boek beweer die destydse polisie-ondersoeke na genl. Magnus Malan, ʼn voormalige minister van verdediging, sowel as John Wiley, ʼn voormalige minister van omgewingsake, en ʼn derde minister wat nog leef en wie se naam op regsadvies weerhou word, se betrokkenheid glo verhoed en toegesmeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

ja nou sal die boek verkoop wand hy is mos dood gemaak en dit bewys dat dit waar was sonder dat daar regtig bewys is wat hy geskryf het waar was

Yankee ·

Het dit verwag. “Verwyder” die ene wat sal getuig in n moontlike hofsaak wat kan kom.

LB S ·

Die briefie kon vervals word, wat van die vuurwapen wat nie aan hom behoort het nie???

Hannelie ·

Die waarheid sal uitkom…..nie geweet daar is ‘n briefie op die toneel gevind nie?

A ·

Daar was destyds ook gesê daar is groot koppe betrokke met die 6 meisies wat verdwyn het. Dis hoekom daar niks van gekom het nie.

Antoinette ·

Ek kan nie speurder onthou wat aan meisies se saak gewerk het, maar na die laaste soektog in Kwazulu se kus na 2 se lyke is beweer een wat betrokke was het leidrade na Port Elizabeth gekry en toe hy langer verlof wou he om verder te ondersoek het sy bevelvoerder hom terug geroep. Bly my heeltyd by van ek van boek gehoor het, kan net nie die speurder se naam onthou, My reike verbeelding se vir my hier is n skakel tussen die 2 sake, sorry

Bossie ·

Presies. Dit gaan nog kom. Maar dis duidelik BAIE gevaarlik om te praat…

LB S ·

Dit slaan my net dronk hoe dat soveel mense wat hiermee betrokke was al die jare stilgebly het, doodstil!

Antoinette ·

ja Willie, hoeveel skrywers was regtig betrokke? Hmmmmmmm

wonder ·

Was die boek nou die moeite werd wonder ek – ? Nog ‘n gesin verwoes .

Johann cb ·

Ongelukkig is daar nou hope geheime wat nooit beantwoord sal word nie, ook saam met hom heen! Ek glo egter dat hulle boek waar is en dat diegene wat daaraan gewerk het, nou nog méér navorsing sal doen om die feite te beaam! Baie sterkte aan sy familie en vriende in hierdie tragiese tyd.

Dollie ·

Daar is baie meer geheime wat ontbloot moet word. Vra jouself af hoekom is so baie mense vermoor in die destydse NP regering? Daar is een wat nog leef wat net hierdie vrae kan beantwoord. Gewese minister ek hoop jy kan met jou gewete saamleef… Baie sterkte aan die familie, mag julle berusting vind.

Antoinette ·

Ek wonder net, die se lyk is al gisteraand gekry, maar die selfmoordbriefie NOU eers????? Dit het sommer rond gele????? Is so iets nie iets wat persoonlik is wat jy skryf om seker te maak iemand kry dit nie???

TLC ·

Jojo ek weet nou nie so mooi nie Ek is nou op die 50/50 level Sjoe my hart wil nie glo dat ons boerevolk se GROOT manne toe voete van klei gehad het nie Maar die VADER weet as ek uiteindelik die oomblik kan beleef van die 6 dogters wat net spoorloos verdwyn het en dit maak nie saak wie verantwoordelik was nie die antwoord daar kan kry Dan kan daar iets goed uitkom in hierdie walglike storie Antwoorde vir soveel ouers se jare van pyn en hoop Maar is dit moontlik dat HULLE so wreed kon wees Ek sukkel met daai Van die seuns nie eers gepraat nie Jammer oor nog n lewe en gesin wat verwoes is Sterkte Daar moet dalk na Minnie se kluis gesoek word dalk en ek sê net dalk het hy daar iets gebêre Maar ek glo wel hy het selfmoord gepleeg want die hap uit die appel was dalk te groot om te sluk
Al hoop is nou bewyse sterkte aan familie en friends

Marietjie ·

Hoekom is die Smith moorde ook nooit opgelos nie. Hulle ook te veel geweet.

Elize ·

Marietjie, ek het gister aan presies dieselfde gedink as jy? Die onopgeloste “Smit Moorde”
Dit kon ook amper dieselfde tydperk gewees het toe die “Bird Island” storie die eerste keer die lig gesien het. Dit klink verdag, maar ……….. kom ons wag vir die forensiese uitslae.

Gogga ·

Ek stem saam met jou oor die Smith moorde- ek het hul dogter sò jammer gekry wat op Kwela gepraat het !!

Cherokee ·

Marietjie en Gogga, daar is ‘n boek in omloop wat vertel (of beweer) wie Robert en Jean-Cora Smith vermoor het in Springs. Die skrywer van die boek klink asof hy weet waarvan hy praat en die beweerde moordenaar(s) se name is ook uit dieselfde bron as Magnus Malan. Gaan lees wie het gesit agter die moord van HF Verwoerd, en as die skrywer daarvan kluitjies vertel het, sou hy aangekla gewees het. Doen bietjie navorsing.

Swannie ·

Die minister wat nog leef het vanself na vore gekom en sy naam is ook op radio uitgesaai.

Anoniem ·

Ek self sukkel om te glo dat daar psigologiese seksuele misdrywe gepleeg was maar dit is dalk moontlik… ek weet wel dat daar mense is met groot invloed en dat dit baie gevaarlik is om teen hulle op ye gaan. Ń man se mond maak dat ń man se agterstewe slae kry… soms is dit beter om stil te bly. Mense naby aan my is graf toe met hulle geheime en niemand van ons het werklik ń idee wat gebeur het nie.

Ina ·

Hierdie was, volgens my, “n kwalik bedekte waarskuwing aan enigeen wat dit dalk sou oorweeg óf sou waag om na vore te kom met bewyse of meer inligting, om 2 keer te dink….Dis vanselfsprekend!

Mossie ·

Gaan lees maroela media onder meningsvormers die skryfstuk waar Barend du Plessis self na vore getree het.

Griet ·

O wee, en daar kom di duisternis vani vorige regering wat so heilig was in sommige Maroelalesers se oge, no uit!

DHK ·

O wee Griet, gelukkig is die destydse bose regering nou vervang met ‘n vlekkelose heilige een nê!

Antoinette ·

Barend was wil eenkeer daar wat ek glo onskuldig was, maar hy se in die Sondagkoerant dat daar nog 4 ministers by was ,MAAR hy kan nie onthou wie nie….

Rentia Rheeder ·

Pedofilie kom in alle vlakke van die samelewing voor. N status posisie gee some carte blanche aan mense met sulke drange. Hierdie boek gaan nog very draai.

Koos de Meyer. ·

Wat het van sy voertuig en selfoon geword as hy kamtig selfmoord gepleeg het. Enige een kon die brief geskryf het. Ons leef in ‘n siek land. Almal sal nie lieg as daar nie waarheid in steek nie, lees maar die brief mnr mocke aan de klerk geskryf het.

Jacobus ·

Ek gaan spekuleer oor die oorsaak van sy dood in 6 scenarios;

Scenario 1

Wat in die boek geskryf is, is die waarheid en oorlewendes het besluit dat hy moet “gaan” om die saak te snoer, identiteite te beskerm en as waarskuwing te dien aan enige persoon wat nog wil praat.

Scenario 2

Hy was in ‘n finansiële benarde posisie en het probeer geld maak met ‘n liegstorie en/of is ingepraat en uitgebuit om stories te versin, sy bydra as oud speurder sal geloofwaardigheid bring aan so ‘n boek. Hy het dalk besef wat hy verkeerd gedoen het en kon nie lewe met die verwyd.

Scenario 3

Hy wou regstel wat hy versin het en is deur ander wat belang het by die boek laat “gaan” om te sorg dat die waarheid nie uitkom.

Scenario 4

Buitelandse belangegroepe lees groepe soos “Bell Pottinger ” wat onmin in Suid Afrika wil saai en hom gebruik het, het hom laat “gaan” om hulle bydra stil te hou en die saak te laat voortduur. Sy dood sal net geloofwaardigheid bring.

Scenario 5

Suid Afrikaanse groeperinge is agter die storie en hulle het hom laat “gaan” om hom stil te hou of hy het meer geld gaan vra om by die storie te bly of om stil te bly oor wat regtig die waarheid is.

Scenario 6

Hy het aan depressie gely en alles het net te veel geraak en hy het besluit om ‘n einde daaraan te maak.

jakes ·

Om te spekuleer waarom Mark dood is sal net meer mense op hol jaag. Die feit dat hy wou wegkom plaas toe kan beteken dat hy met probleme geworstel het. Om n sinistere rede daaraan te koppel is verkeerd. N forensiese ondersoek sal meer lig werp op die hoekoms en daaroms.

LHS ·

As jy my vertel dat hierdie dinge in n hotelkamer of luukse privaat woning afgespeel het sou ek dit maklik kon glo maar op n ongerepte eiland sonder infrastruktuur met heelwat logistiek om mense daar te kry, te laat oorbly, veiligheidswagte ens. Nee wat roep dit n pot bollie. Daar sou net te veel openlike getuies gewees het. Dat daar wel iets aangegaan het in P.E. wat dit aanbetref is blykbaar verseker so, maar ek dink verskillende mense met verskillende gebeure is hier gesien as almal deel van dieselfde scenario of groep. Onskuldige persone is betrek by dinge waarvan hulle nie deel was.

LB S ·

Ja, LHS, dit maak dit baie moeilik om te dink NIEMAND het in 30 JAAR IETS aan iemand genoem nie. Of was almal daardie tyd juis te bang a.g.v. die twee “selfmoorde”, en later van jare is als vergeet omdat geweld en misdaad in SA so algemeen geword het dat pedofiele en moordenaars nou ‘n alledaagse ding geword het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.