Polisie gaan 1 017 afdank oor misdaad

polisie 2Die polisie gaan meer as ʼn duisend polisiebeamptes met kriminele rekords afdank, het die minister van polisie se kantoor gesê.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is in die proses om 1 017 polisiebeamptes te verwyder terwyl 67 reeds die diens verlaat het,” het David Barritt, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy sê die afdankings kom nadat minister Nathi Mthethwa ʼn oudit versoek het en daar vasgestel is dat 1 448 polisiebeamptes kriminele rekords het. “Die korrekte regs- en arbeidsprosesse is gevolg en daar is vasgestel dat 1 017 polisiebeamptes nie geskik is om die amp te beklee nie.”

Mthethwa sê die afdanking van die polisiebeamptes wys dat sy departement vordering maak in sy voortgesette pogings om ontslae te raak van oneerlike beamptes. “Diegene met kriminele rekords behoort nie in die polisie nie. Ek het dit aan die SAPD duidelik gemaak dat ek ʼn geen verdraagsaamheid-beleid sal volg rakende kriminaliteit in die polisie.” Mthethwa sê die proses is uitdagend maar sal lei tot ʼn beter polisiediens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

akram ·

WOW, goeie nuus. Maar waar befin hulle?Gaan hulle bo begin sodat daar plek gemaak kanword om kundiges in die regte poste aan te stel, of onder? Ek dink hulle gaan onder begin, dit gaan mos maar so. Daar is mos nie genoeg “kunidges” om die hoe poste te vull nie. So die patrollies gaan minder wees, meer misdaad en die kringloop gaan maar net aan en aan. Oja, hoe lank gaan die proses vat?

Alani v Nieuwenhuizen ·

Dit behoort interessant te wees of die kriminele rekords tydens hul amp as SAPD-lede hulself skuldig gemaak het aan kriminele dade en of daar reeds voor indiensneming kriminele dade gepleeg is. Indien wel, waarom is hulle aangestel in die SAPD?

Dis reg, maak skoon die mag sodat mens weer eendag trots kan wees op die SAPD.

john steyn ·

Ek weet nie of dit die plaasmoorde gaan voorkom nie, hulle is net soos die Cheeta’s neem E0 jaar om agter te kom daar is so baie krimineles. Wat van McBride

Conrad ·

Is die verkiesing dan nie om die draai nie? Moet seker nou so bietjie stemme trek.

HARRY ·

MOET DIE GROOT KOKKEDOOR NIE OOK AFBETAAL WORD OOR DIE MUUR BY SY PRIVAAT HUIS NIE

AmY ·

Hulle wil nou weer die nuus van Zuma en sy Nkandla-Paradys aftrek.

Maar tog wonder ek of hierdie polisielede al vOOr hulle aangestel is kriminle rekords gehad het?

Ek werk vir ‘n bankgroep, en hier neem hulle vingerafdrukke vOOr hulle mense aanstel.

Nou hoe het daai mensies dan in die Polisiemag beland? (Behalwe as hulle nA hul aanstellings misdade gepleeg het).

Linda ·

Hopelik is JMPD volgende…. 1071 ekstra kriminele op die straat en dit sal sekerlik die wittes se skuld wees….

André Botha ·

Dis hoogtyd, die persoon wat die reël toepas moet self aan die reël gehoorsaam wees, jy kan nie verwag ‘n korrupte persoon kan goeie vrug dra nie. Iemand het altyd genoem van “lead from the front” – die leier is die ou wat rigting gee en self die voorbeeld stel. Kan die polisie nie die Nr. 1 ook afdank nie want die probleem begin daar, leierskap is vrot en korrup van bo,, daar is geen voorbeeld en motivering vir die struktuur ondertoe om eerbaar te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.