Polisie bied Malema BBP-beskerming ná doodsdreigemente

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: enca.com

Die SAPD het bevestig Julius Malema, EFF-leier, kry BBP-beskerming nadat hy glo doodsdreigemente ontvang het.

Malema se motor is die afgelope week in die omgewing van die parlement in Kaapstad opgemerk waar hy deur ʼn wit BMW met blou ligte vergesel word, berig die Johannesburgse dagblad The Sowetan.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Dinsdag by navraag aan Maroela Media bevestig dat die polisie Malema beskerm, maar kon nie nadere besonderhede bekendmaak nie.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het aan The Sowetan gesê die party het reeds meermale vertel van die dreigemente teen hul leier, wat ook ʼn parlementslid is. “Die polisie het hul onafhanklike assessering gemaak en tot dieselfde gevolgtrekking as ons gekom, naamlik dat hy in lewensgevaar verkeer.”

Die EFF is glo reeds in April vanjaar in kennis gestel van “bose planne” om hul leier tereg te stel en het dit nie ligtelik opgeneem nie. Die party het Behki Cele, polisieminister, in kennis gestel en by daarop aangedring dat opgetree word teen diegene wat Malema dreig.

Intussen het die party sy eie veiligheidsmaatreëls opgeskerp.

Die Rooi Barette beweer die geheime planne om hul leier om die lewe te bring het in die Noordwes-provinsie ontstaan waar ʼn groepie “polities onseker en mal individue” dwelmhandelaars en sluipmoordenaars in verskeie provinsies, maar veral in die Wes-Kaap, genader het om Malema voor aanstaande jaar se verkiesing uit te haal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Aggie ·

Hoog tyd, hy krap die hele land om met sy optrede en praatjies en niks word gedoen om hom stil te maak nie. Groot bek maar nou is meneertjie bang

tienie ·

Hy daag dan president Trump uit nou is hy bang as iemand hom wil regsien

Maak dit saak ·

Ek stem, hy gaan seker nou vermis raak en as gyselaar aangehou word en net voor verkiesing loskom en sy verskeining maak en almal beinvloed dis oor hy vir die mense van SA baklei het wat hom aan die lewe gehou het ens. Als om stemme te wen, en almal gaaan sy traumatiese storie glo maar eintlik het hy net by di Guptas gaan kuier

Wurmpie ·

En waar is die beskerming vir ons belastingbetalers teen die skelms wat ons elke dag bedreig. Ons plaasboere kort meer beskerming. Kom minister Cele

Ja Nee ·

Hoop die SAP doen hul werk behoorlik anders is julius netnou bokveld toe.

Lollie ·

Sal nie verbaas wees as dit net ń storie is nie. Nou voel hy net baie meer gerus in ń land van chaos.
As ek so baie dinge kwytraak en so baie nonsens aanjaag sou ek ook bang wees ek word ‘uitgehaal’.

Hendrik ·

…..maar hy noem ons dan crybabies. Tipies die’ van n grootbek.

Hoc est bellum ·

Ek glo nie die snert nie. Dis net ‘n ander manier om die aandag van hul betrokkenheid by die VBS bank se debakel af te trek. Kan dalk sy nuwe verkiesingsfoefie wees sodat ander hom moet bejammer. Hy sal enigiets doen om aandag te trek. Stoutseuntjiesindroom.

Snowball ·

En ek was nog nooit so bly die polisie is feilbaar nie……Malema as ek jy is, slaap ek maar met een oog oop. ?

RG ·

Ag ou Malems… “now they’re coming for you… how does it feel”

April fool ·

Is SAPS seker dis nie n April gek brief nie. Dalk het die ANC dit aan die EFF gestuur vir n grap of dalk het die EFF dot self geskryf. Ek vra maar net…

Estelle ·

Hy sal nie weet nie, nog nie ñ dag se eerbare werk gedoen nie.
En hy hoef ook nie te vrees soos boere nie, het mos BBP beskerming.

Liesl ·

Presies en waar is ons wit boere wat uit gemoor word se beskerming??

Neels ·

My wereld kyk hoe bewe grootbek se broek, staanstil broek jou eienaar is nie bang nie. Hy wil maar net voel hoe voel dit om in n blou lig sirkus te wees. Of miskien as president in waiting ??

Gert ·

Hoekom beskerming. Het mos sy eie vip mense. Dreig mos die hele land. Grootbek. Beskerm die m.. en f.. die hele land

Jandre ·

As die dwaas se lewe in gevaar was, sal n egte sluipmoordenaar, sy intensies nie adverteer, deur daarmee te dreig nie. Hierdie gomtor soek net aandag in sy onsekerheid. Media moet betrokker raak natuurlik. Almal moet weet. Moenie jouself laat flous nie.

Madeleine Fonternel ·

Ek stem heelhartig met jou saam. As die daar ‘n ernstige komplot was sou niemand daarvan geweet het nie. Net ‘n foefie om aandag te trek en baie belangrik te probeer wees. Mors van nog meer staatsgeld.

lewies ·

Ek het gedink dat APLA of MK -lede hom sal beskerm en nie SAPD nie.

leser ·

jm, jy praat van polities onseker en mal individue, ek dink jy praat van jouself, namens jouself, vir jouself
ek weet nie hoekom ons as belasting betalers jou g@# moet beskerm nie

Lol ·

EFF kan nie meer private sekuriteit bekostig nie want VBS is gelikwideer!!

Hoe nou....... ·

HAHAHA…..en hulle skuld nog geld aan AfriForum ook.

Anne ·

En dit vir ‘n ou wat van oorlog praat en nie bang is om dood te gaan nie ??

Karolis ·

Ek het iewers ‘n teleskoopkruisie gesien met hom kop in die agtergrond.
Weet iemand of dit mis was?

Ellisras ·

Die is die eerste paaiement van sy (onleesbaar) geskenk om hom terug te kry in die ANC. Julius s en Floyd is juis haaks.

Jannie ·

Hoekom het hy ekstra beskerming nodig? Sy bek is dan so groot wanneer hy voor hordes staan en dreig!!! Dan moet hy mos mans genoeg wees om agter homself te kyk!! GROOTBEK LAFAARD!!!

Sp ·

Haha! What goes around, comes around. Shame.
JM het baie vyande, slaap seker onrustig snags.

Kokkie ·

Net nog ‘n foefie om die aandag van die EFF en Malema se onbeholpenheid af te lei. En wie moet betaal ? My belastinggeld ! Ek haat dit.

Netso ·

Grootste strooi wat ek ooit gehoor het! Hy, s nie eers bang vir sy ma wat hom ge-pepa het nie man! Hy mors net weer one polities onkorekte belasting geld!

Elene ·

Raai wie betaal vir die ‘blouligte’ om n man wat in die parlement sy haat uitspreek teenoor blankes. Ons belasting word misbruik en ons land gn met n spoed agteruit!

Manie ·

Het die trog vreter nou skielik besluit hy’s eintlik baie bang om dood te gaan

Hanna Hoekom ·

“Bad boy, bad boy. Watcha gonna do? Watcha gonna do when they come for you…” Ook maar lekker bang, ne?

DA BO ·

Sy onderdane dink nou eèrs hys n belangrike man met die polisie so al om hom. Hys gn gedreig nie, onnosel mense dink hys baie belangrik, so hulle gaan hulle kruisies vir hom trek.

LM ·

Mnr Malema gaan besoek die sendingstasie God heal the land op in Kaapstad. Baie veilig daar en ons bid vir jou bekering.

Johan H. ·

Dis nie iets om oor te spog nie malemmatjietjie,jy behoort nou eers bang te wees gegewe die manne in blou se se onlangse mannewallise.. ek kan nie wag nie… jy kan seker al n lysie indien,wat jy na jou wil vernoem he. Miskien n pothole teerpad. Dam ,SAL of rioolaanleg!!!!

Hannes ·

Klink vir my ons gaan een van die dae stadig loop en hard sing. Rather sooner than later!!!!
Katvoet se ek katvoet !!!

honourable member ·

Ag hy is darem maar a drama boy. Soek altyd aandag.

Willie ·

Dis verregaande, belasting geld vermorsing..waar is hy n BBP? Wil weer die WBS stelery sy lig op iets anders werp

My mening ·

Hy probeer net die aandag aftrek van hulle betrokkenheid by VBS.

charmaine ·

En almal spoel hulle monde uit oor die polisie helicopter land sodat hulle iets kan kry om te eet, en hier gebeur die ergste nog van geld mors om iemand wat die wittes wil uithaal te beskerm teen wie en wat?? Ons boere kry geen beskerming nie maar hulle word uitgeroei en aangeval maar die een moet nou opgepas word, lagwekkend. Kan nie wag om Steve Hofmeyr se kommentaar hierop te lees nie. Dis n skande

Daan ·

Bied aan elke liewe BOER in ons land ook asb BBP beskerming. hul lewens word daagliks bedreig en sonder die BOER sal ons land tot stilstand kom. Sonder sekere BBP’s wat wel die beskerming geniet sal ons land welvaart en vooruitgang geniet!

Willie ·

Ja ou Ramapadapot, beskerm die een wat julle vuil werk doen, en aan por..

GM ·

As hy dan weet in watter provinsies die malletjies is, en selfs dat hul dwelmhandelaars en sluipmoordenaars is, hoekom gaan haal hy hulle nie uit hul gate uit nie? Hy is mos ‘n vreeslike brawe en “slim” man, met baie konneksies. Klink eerder of hy chaos wil saai, “veral in die Wes-Kaap”.

marous ·

Die belasting betaler moet nou opdok vir ‘n opruiende aanhitser . Waarom kan sy eie sekuriteits wag hom nie met sy fop AK oppas nie , of is die geldtjies nou weg . Hoop regtig nie hy word vining uitgevat nie , want daar is nie nou geld vir ‘n week se fees nie …..

Nossob ·

Word die boere wie hy daagliks dreig deur die polisie beskerm?

Donderstorm ·

Ja nee nog verspilde belasting geld en waars die mense op die plase se polisie beskerming?hy hits immers mense aan om te …. ja wat

jakes ·

Sluipmoordenaars in SA is volop en teen die regte prys is enige persoon n teiken. Geen polisiemag ter wereld sal dit keer nie. Malema het sy eie bed opgemaak en moet maar vat wat na hom toe kom. Ek is seker dat hy baie vyande het.

Anoniem ·

Mr.Malema you created your own problems. You live by the sword you die by the sword. You started it but you cannot face what you started and now you hide behind the police force. What a coward you are and what a shame on the SAPD for protecting him. Why don’t the SAPD rather protect the farmers and other people white and black who are getting killed and let Malema with his big mouth protect himself.

Andre ·

Kill the boer ,kill the farmer maar nou huil hy regte” cry baby”

Fred ·

Glo nie die storie nie. Waarom dan nie die mense ontbloot nie? Die polisie weet mos blykbaar wie dit is?

Anoniem ·

Hoekom gebruik die Polisie nie eerder hulle mannekrag om Boere op plase te beskerm nie, Hulle lewe is in veel groter gevaar. Nou mors hulle hulle mannekrag om een persoon te beskerm. Absoluut belaglik. Die skoen is nou so ‘n bietjie aan die ander voet.

Sarel ·

Malema weet wie hom bedreig maar die polisie moet seker nou eers imbiso of workshop hou om te bepaal binne watter afdeling van SAPS die verantwoordelikheid le om die werk te doen , dus word hy maar beskerm tot die chalenge opgeklaar kan word.

Maak dit saak ·

Kom ons almal onthou die post wat in 2011 die lig gesien het op fb om te se voor Des 2018 sal dit gebeur, so veel van daai voorspellings, het waar geword, just saying…..

HPV ·

Ou 6% malema se broek bewe, waar is sy groot mond nou? Ha-ha…

Elsa ·

Maak dit saak – ek het daardie FB plasings gemis en weet nie wat was voorspel en watter voorspellings het waar geword nie. Kan jy dalk bietjie meer uitbrei? Wat sal voor Des 2018 gebeur?

Ek gaan beslis nie treur as Malema uitgehaal word nie!

Maak dit saak ·

Hi Elsa, ek het nou FB hoog en laag deurgegaan, die post het weer die rondte gedoen toe Zuma uitgestem was, voorspellings oor Whinny se afterwe, die kaap se droogte, Amerika n wit president, Zimbabwe n nuwe leier, as ek reg kan onthou was daar 9 voorspellings, en die laaste een was Malema Assasination, en hierdie persoon het die gebaseer op n tyd periode van 2011 – Desember 2018. sal aanhou soek en kyk of ek link kan post

Robert ·

Afriforum wil nie hê dat hy nou uitgehaal word nie. Hy moet eers sy skuld klaarbetaal en nog ñ paar hofsake verloor.
Maar dit kan dalk ñ goeie idee wees as daar ñ instansie geskep word wat moet besluit oor lewens van leiers. Is hy of sý ñ gevaar vir die toekoms?
Baie keer is daar al gesê dat as ñ persoon Hitler in 1939 uitgehaal het die wêreld baie beter sou gewees het.
Is Malema fascisties?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.