Polisie gee wenke om plaasaanvalle te probeer bekamp

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is in die Vrystaat sê daar was sedert die begin van die jaar 19 plaasaanvalle en vyf plaasmoorde in dié provinsie. Die polisie het ook inligting bekend gemaak oor die verskillende maniere waarop die aanvallers te werk gaan.

Dit kom nadat Jan de Kock Sondag op sy plaas Groot Waag buite Petrus Steyn vermoor is. Brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie, sê gedurende hul ondersoeke na die onderskeie plaasaanvalle en –moorde is daar verskillende maniere waarop die aanvallers te werk gaan, geïdentifiseer.

“Die een wat die meeste gebruik word, is waar verdagtes ‘n veld aan die brand sal steek om die boer en sy werkers se aandag af te trek. Terwyl hulle besig is om die brand te blus sal die verdagtes na die plaashuis gaan om te steel en dikwels die vrou, wat dan alleen is, aanval. Indien die boer terugkeer terwyl hulle nog besig is, word hy ook dikwels aangeval of selfs vermoor.”

Jones sê in ander gevalle word die honde op die plaas vergiftig. “Ontevrede werkers word ook dikwels bevriend om inligting te kry oor waar daar kontant gehou word sowel as die bewegings van die boer.”

Jones sê boere moet saam met die polisie werk om plaasaanvalle te bekamp deur profiele te verskaf van werknemers wat afgedank is aangesien hulle meestal die skuldiges is wat inligting verkoop. “Verhoog plaaspatrollies en meld enige verdagte aktiwiteite of persone by die veiligheidsmaatskappye of die polisie aan.”

Jones sê daar moet goeie verhoudings met werknemers gebou word en dat werknemers se agtergrond deeglik nagegaan moet word. “Wees ook diskreet oor geld en vuurwapens wat op die plaas gehou word.”

Jones sê die Valke werk intussen onverpoosd om die verdagtes wat by die afgelope plaasaanvalle betrokke was, vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Nouja, daar is darem tog n begin. Die gemeenskap moet kobineer. Dit moet n indiwiduele sowel as n toegewyde gemeenskap saak wees. Elkeen staan in verantwoordelik teenoor die gemmenskap.Die polisie uit SA saam met die polisie in destydse SWA en die boere was baie knap. Hoop dieselfde gaan daar gebeur.

Gerhard Bezuidenhout ·

Bring die Kommandostelsel terug .Patrollies was destyds beslis n afskrikmiddel want die gemors wat roof en moor het geweet dat hulle kanse om hul aktiwiteite uit te voer deur die patrollies belemmer sou word. Die polisieminister het die Kommandostelsel totnietgemaak en nou wil hulle kom advies gee.

Rob Malan ·

Ons hoop en hoop en hoop dat ons in n veilige Nuwe Suid Afrika kan bly en veilig wees!!

“Daar moet goeie verhoudoudings met werknemers gebou word” is weliswaar n bedekte aantyging dat boere nie goeie verhoudings met hulle werknemers het nie.

Die modis operandi van die barbare, is nie slegs daarop gemik om die boere wat swak werkverhoudings by te kom nie. Deur brandstigting veroorsaak hulle ook skade aan daardie boere wat baie goeie verhoudings met hulle werkers het. Deur brandstigting veroorsaak hulle dat diere doodgebrand word wat voedsel aan die barbare se kinders kon verskaf het en word van hulle eie mense se huise afgebrand.

In n geval war daar veediefstal was, was n lid van die polisie daarby betrokke. Kan dit dan aangeneem word dat as een lid van die SAPD n veedief is dat alle SAPD lede veediewe is? Maar kan ons dan ook vir die SAPD aanbeveel dat ook hulle wernemers se agtergronde deeglik nagegaan moet word sodat die beeld van die SAPD, nie soos die boere afgekraak word nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Brig. Billy Jones wil jy nie sommer advies aan die polisie in die Vrystaat gee om hulle telefone te antwoord nie en wil jy nie ook die slegte klomp dikkes adviseer om nie ure met privaatoproepe nogal op ons as belatingbetalers se koste die telefoonlyne te blokkeer nie.Begin by die basiese goed in jou polisie voordat jy advies wil uitdeel.

Donovan ·

Ek is bitter jammer vir elke boer wat elke dag op die slagveld moet wees, wat in al my behoeftes op my tafel voorsien en dan nog moet veg vir n bestaan. Malema het openlik gese dat as n al die boere 80% van hulle grond terug gee dan sal al die plaas aanvalle stop… So op wie se bevel opereer die aanvallers dan… en wie gaan hulle opdrag gee om hulle operasies te staak… mmm Malema, jy moet begin n wag voor jou mond sit… of hoe spreek die woord van ons vader, dat dit wat in die duister gedoen word na die lig sal gebring word.

Ek wil ook weet hoekom word regstelende aksie nie op bbbee mkpy toe gepas nie, want as ek as n wit man 26% van my besigheid moet afstaan hoekom ook nie die teenoorgestelde nie, dan kan die rykdom mos equaly verdeel word soos deur Malema verklaar word wat n freeborn is wat soos n borsluis die rasime en apartheid hond leeg suig…

Dit is my en ek glo miljoene ander RSAburgers dar GOD julle boere sal beskerm… GOD is met ons volk en wees verseker hy het ons nie verlaat nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.