Hillary Gardee (28) is in die agterkop geskiet en daar is R1 300 uit haar bankrekening onttrek in die ure nadat sy vermis geraak het.
Sinawo Thambo, EFF-woordvoerder wat namens die familie die media te woord staan, het gesê Gardee het skrape aan haar arms gehad en het gras in haar hande vasgeklou wat daarop dui dat sy haar teengesit het.
Hilary se pa, Godrich Gardee, is die voormalige sekretaris van die EFF. Haar liggaam is Dinsdag buite Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aangetref. Sy is Vrydag laas by die Spar-supermark in dié dorp gesien.
Die plek waar Gardee se liggaam gevind is, is sowat 45 km van die Mbombela-middestad. Sy het dieselfde klere as die dag van haar verdwyning aangehad. Bheki Cele, polisieminister, en Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel Dinsdag saam met ander amptenare besoek.
Thambo het intussen teen die polisie uitgevaar rakende sy ondersoek na die moord op Gardee.

Bheki Cele, polisieminister, en Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel Dinsdag saam met ander amptenare besoek. (Foto: Twitter / @LirandzuThemba)
Volgens hom het die familie en die party geen vertroue in die SAPD nie. Hy voer aan dat Gardee se liggaam van die misdaadtoneel verwyder is sonder dat die polisie besef het sy is in die agterkop geskiet.
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het intussen bevestig dat Gardee geskiet is. ʼn Multidissiplinêre span is deur lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, saamgestel om hierdie saak te ondersoek.
“Die ondersoek na die omstandighede van hoe die slagoffer vermoor is, is aan die gang met die oog op die inhegtenisneming van wie ook al betrokke was.
“Die polisie in Mpumalanga gaan in geen stadium inligting omtrent die ondersoek aan die publiek bekend maak nie, maar slegs aan die betrokke familie. Die polisie versoek ruimte om hierdie grusame moord sonder enige steurnisse te ondersoek.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Sterkte en medelye aan die familie en vriende. Niemand verdien dit wat gebeur het nie.
En ou Cele gaan trap daar rond soos ‘n sekretarisvoël wat ‘n slang wil doodtrap… wys jou die onbevoegdheid van die hele klaaglike lot bymekaar.
Malema kan mos die ondersoek lei. Sy mond is mos groot en hy weet alles. Wat maak hierdie saak so spesiaal?
Hulle gaan hierdie grusame moord ondersoek maar hoeveel veel erger grusame moorde op ons plaasboere kry skaars aandag nie eers te praat van die sielkundige letsel wat oorlewendes op gedoen het a g v hierdie wrede aanvalle wat juis so deur eff aan geblaas word.
Sy is vermoor . Daar word bykans elke dag mense op plase gemartel en vermoor . Waarom nou eers geskok ?