Polisie gekap wat betogers met waterkanonne, skokgranate verjaag

Die polisie verjaag betogers met waterkanonne. (Foto: Verskaf)

Politici en organisasies het hul misnoeë uitgespreek nadat polisiebeamptes na bewering ’n groep betogers Vrydag tydens ’n vreedsame betoging voor die parlement in Kaapstad met waterkanonne en skokgranate verjaag het.

Die groep het betoog oor die afsonderingsregulasies wat die gasvryheidsbedryf lamlê as deel van die veldtogte #JobsSaveLives en #ServeUsPlease.

Volgens Albert Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het die betogers tydens die betoging gesigmaskers gedra en sosiale afstand gehandhaaf terwyl hulle plakkate vasgehou het. Die betogers het toe ’n menseketting gevorm hoewel hulle steeds ’n gesonde afstand gehandhaaf het deur middel van ’n 1,5 meter lange lint tussen hulle.

Betogers in Kaapstad betoog oor afsonderingsregulasies wat die gasvryheidbedryf lamlê. (Foto: Verskaf/AfriForum)

Volgens Fritz het polisiebeamptes egter aan die groep gesê dat hulle nie mag betoog nie en hulle twee minute gegee om uitmekaar te beweeg. Die polisiebeamptes het toe die betogers met waterkanonne en skokgranate verjaag.

“Dit is absurd dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) nie genoeg hulpbronne ten volle kan mobiliseer om te reageer op gewelddadige betogings in gebiede waar plundering, openbare geweld, grondbesettings, vernietiging van eiendom en die versperring van paaie plaasvind nie en tog is hulle in staat om waterkanonne te mobiliseer en skokgranate gebruik om ’n vreedsame betoging op te breek,” het Fritz gesê.

Die polisie verjaag betogers met waterkanonne. (Foto: Verskaf/AfriForum)

Dan Plato, die burgemeester van Kaapstad, het intussen gesê beeldmateriaal van die polisie se optrede het hom ontstel terwyl Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap, die optrede as “onaanvaarbaar” bestempel het.

“Die gasvryheid- en toerismesektore is baie belangrik vir die ekonomie van Kaapstad, maar word weens die nasionale regeringsregulasies deur finansiële ondergang in die gesig gestaar. Honderde duisende werkgeleenthede is in gedrang wat die regering se hulpbronne verder belemmer en pogings om ons ekonomie te laat groei, beperk,” het Plato in reaksie op die voorval gesê.

Betogers in Kaapstad betoog oor afsonderingsregulasies wat die gasvryheidbedryf lamlê. (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het intussen ’n skrywe aan lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiekommissaris, gerig waarin die organisasie redes versoek vir die onnodige hardhandige hantering van lede van die toerismebedryf.

“Kaapstad is tans onder beleg met gewelddadige politieke onrus wat oral in die stad uitbreek waartydens onskuldige mense se lewens bedreig en eiendom beskadig word. In plaas daarvan om aandag hieraan te skenk, verkies die SAPD eerder om hulle daarop toe te spits om onskuldige en vreedsame mense wat ’n sagte teiken is, met onnodige geweld te hanteer,” het Thomas van Dalen, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die Suidstreek, in ’n verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marius ·

As mense ‘ n punt wil maak moet daar afgebrand en geplunder word . Die hoofman en sy gevolg sit en giggel in hul hande .

Piet ·

So asof die polisie wêreldwyd verkeerd opgelei word. Hulle word geleer om te eskaleer, nie om te bedaar nie. Ons sien dit in die VSA en Sjina die afgelope paar maande. Dinge moet drasties verander

Paul ·

Toe hulle Pretoria middestad hierdie week vernietig het was daar geen wetstoepassers in sig

Jackie ·

Dis omdat die Wes-Kaap deur n DA wat funksioneer regeer word en die onbeholpenheid van die ANC in ander provinsies duidelik uitwys. Pateties

Pampoenboer ·

Polisie is spul bangbroeke kan net soft targets boelie. Gaan kruip in vangwaens weg sodra die krimenele winkels stroop

Pieter ·

Dit is nou tyd dat ons as n nasie saam staan. Die ANC komuniste dink hulle kan doen net wat hulle wil. Hulle gee niks om vir ons nie want hulle kry hulle volle selaris wat ons betaal.

Niklaas ·

Sodra die betogers dreigend voorkom en sake effe gevaarlik lyk, hol die wetstoepassers. Maar sagte teikens kan gougou verjaag word. Dan is hul baie dapper.

Elsie ·

Ek dink persoonlik ons moet maak soos our people en ook begin betoog en as hulle maak soos gister hulle terug aanval.

Elsie ·

Kom ons kry die taxis om saam ons te betoog sien hulle kry als reg in die land

MrMagic ·

Glo daar gaan nog ‘n dag kom wat die vreedsame betogers die polisie skoon uit die land uit dryf.

Tina ·

As die polisie op tree dan is dit verkeerd, as hulle niks doen nie, is dit ook verkeerd.

Douw ·

Die polisie gebruik die taktiek van geweldadige onderdrukking teen die bevolking omdat hy weet hy kan maak wat hy wil! Die president, Cele en gevolg maak dan net wat hulle wil!! So hoekom nie?! Hierdie tipe van optrede gaan toeneem totdat dit in n burgeroorlog ontaard. n Honger volk is n gevaarlike volk!! Kyk wat het in Rusland gebeur jare terug!!!

Douw ·

Dit help nie ek kap die president en sy gevolg en julle plaas dit nie omdat julle hom beskerm nie!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.