Polisie gemaan om teen EFF-boelies op te tree

EFF-lede by die Clicks in die Mall of the North in Polokwane (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n beroep gedoen op genl. Bheki Cele, die minister van polisie, om daadwerklik op te tree teen oortreders wat Maandag Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het. AfriForum het verder uitgewys dat die polisie gefaal het in hul plig om die burgery te beskerm teen dié persone, wat dink dat hulle die land se wette sonder enige gevolge kan oortree.

Dit volg nadat ’n rasseherrie ontketen is weens ’n omstrede Clicks-advertensie. Verskeie EFF-leiers het hul volgers aangemoedig om hierdie kettingwinkel “aan te val”.

“Julius Malema en ander EFF-leiers se openbare oproepe tot geweld moes die SAPD op ’n gereedheidsgrondslag geplaas het om die tipe optrede te verhoed wat ons vandag gesien het. Tog blyk dit dat nog geen persoon in hegtenis geneem is wie se misdade duidelik op beeldmateriaal vasgevang is nie,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

Volgens Kamfer is die EFF en hul volgers se wettelose optrede en die SAPD se onvermoë om dit te verhoed óf om skuldige partye tot verantwoording te bring weer eens ’n bewys dat gemeenskappe hulself moet organiseer en beveilig. “Gemeenskappe en mense kan en moet hulself binne die raamwerk van die reg beskerm. Vandag se gebeure is onderstreep dit net weer eens.”

Die sakegroep Sakeliga het ook ʼn versoek gerig aan die nasionale polisiekommissaris om ferm op te tree teen dreigemente en geweld deur die EFF en sy ondersteuners in die huidige Clicks-aangeleentheid. Soos bevind deur die konstitusionele hof is die SAPD kragtens grondwetlike en internasionale reg verplig om geweld te voorkom.

In die lig van die EFF se poging om geweld onder die dekmantel van vryheid van spraak aan te hits het Sakeliga vroeër vanjaar die konstitusionele hof as amicus curiae bygestaan. Uitspraak in die saak is nog hangende, maar beloof om belangrike gevolge vir die vermoë van wetstoepassers, om teen kriminele aanhitsing op te tree, in te hou.

“Daar is ʼn onderskeid tussen vryheid van spraak en vreedsame betogings enersyds en aanhitsing en geweld andersyds. Die EFF het hierdie skeidslyn ooglopend oorgesteek”, sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Sodra ʼn betoger of party aanhitsing of dreigemente van geweld pleeg – of verdere geweld wat wissel van verhindering van klante en werknemers se toegang tot winkels of die vernietiging van eiendom en liggaamlike leed – tree die betoger of party nie vreedsaam op nie, maar krimineel.”

Le Roux het gesê in teenstelling met die EFF en Julius Malema, wat die aanhitsing van kriminele aktiwiteit in die geval van grondbesetting as vrye spraak wou voorhou, het Sakeliga in die konstitusionele hof ten gunste van wetstoepassers se vermoë om teen aanhitsing op te tree geargumenteer.

“Aanhitsing om misdade te pleeg is nie, soos Malema glo, iets wat as vrye spraak beskerm moet word nie. Dit sou nie aanvaarbaar wees dat ʼn politieke party – of enige ander organisasie – toegelaat word om krimineel op te tree deur intimidasie en ander vorme van geweld teen eiendom en persoon aan te hits nie. Dit sal die werk van die regering en die SAPD erg bemoeilik indien die EFF toegelaat word om ʼn presedent te skep dat hy besighede kan ‘sluit’ of sy strukture en ondersteuners opdrag kan gee – asof hy sy eie regterlike, wetgewende en uitvoerende gesag het – om hul besluite, beleide en uitsprake op die besighede en die publiek in die algemeen toe te pas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Willem ·

Wat gaan gebeur as ek nou Clicks toe gaan om my pille te gaan haal en die EFF stoot of stamp my daar weg en ek beskerm myself? Wonder maar net

Sarel ·

Wanneer word daadwerklik deur die NVG teen Malema opgerree. Sake word net telkens uitgestel en jy gaan voort. Zsy oproep tot geweld was onwettig, so ook hulle optrede vandag.

Jacobus ·

Moet die Polisie aangesê word om op te tree teen geweldpleging? Regtig? Dìt is hoekom burgers reg in eie hande neem!

Anoniem ·

Die polisie is te lamsakkig om teen hulle op te tree. In hierdie situasies bly die polisie maar eerder net op ‘n a f s t a n d.

Persheks Adri ·

Cele het geweet van vandag, maar steeds nie op getree nie. Hy gaan niks oor kom nie. Sake sloer al jare lank en hy lag te lekker. Is die howe ook in sy sak?

Persheks Adri ·

Groot hoed skitter in sy afwesigheid al WEER nee regtig waar! Geen wet en orde in die land nie en nog minder beheer oor wat aan gaan. Laat hulle gaan sit en maak ‘n voorbeeld van hulle!

MRK gaan ook niks doen nie hul keur hulle optrede goed, maar laat ons dit waag dan sit ons in die tronk!

Persheks Adri ·

Maak ‘n voorbeeld van hulle almal. Onwettige betogings, skade en vandalisme ens. Hy skiet dan tot in die openbaar en daar gebeur ook niks! Laat ek dit waag… Groot hoed skitter in sy afwesigheid soos gewoonlik

Callie ·

Die land raak nou so belaglik dat die EFF binnekort gaan kla omdat ‘n witbrood nie swart is nie!

Dirk Mostert ·

Of omdat daar wit en swart stukke op ‘n skaakbord is!

Keelvol ·

Die ANC sal nie teen malena optreë nie. Hy is hulle pion ♟ wat hulle gebruik.

Andre ·

Het hulle darrem ge”-observe”. Of het daar niks gebeur nie.

Casper ·

Het hierdie spul arrogante boewe toestemming gehad om bymekar te kom.Wat van die afsonderingsreëls.Malema doen net wat hy will en kom weg daarmee.Is hy ‘n toordokter dat almal bang is vir hom insluitende die president

Andre ·

Hoeveel keer hoor ons die volgende nadat nog ‘n misdaad plaas gevind het “ niemand is nog inhegtenis geneem nie” Ek wag vir die dag dat iemand inhegtenis geneem word nadat hy van ouderdom gesterf het of het ek dit verkeerd mnr Malema?

Hendrik ·

EFF (Malema) is bekommerd oor hare en haar produkte. Intussen word mense vermoor, plase word aangeval, daar is hongersnood, daar is nie werk nie, daar is nie polisie beskerming teen sy tipe geweld nie!!!! Ek wonder waar le sy prioriteit???

Dirk Mostert ·

Volgens ‘n TV-berig is ‘n hofbevel teen die EFF se “betoging” geweier. Die betrokke regter(es/in) is myns insiens aandadig aan die onwettige vandalisme en ontwrigting. Netsoos die regsuitspraak wat onwettige grondbesetting aanmoedig in Kaapstad en elders. Hierdie is nog voorbeelde van ‘n regstelsel wat anargie bevorder eerder as wet en orde.

daniel ·

Dit wil voorkom asof die regering sy mag verloor het om op tree teen vandaliste van sekere politieke groepies.

LANA is ELANè ·

“Mainstream Media” is weer voluit aan die gang om hierdie groep mense van gratis publisiteit te gee! Dit is die SAPD (powere) se mandaat om mense te beveilig , iets wat hulle baie selektief doen danksy die regering wat hulle bestuur.

daniel ·

N persoon het nie nodig om n genie te wees om te besef dat dit wat die EFF gedoen het totaal onwettig en anargisties is.

Jack ·

Sal nie verbaas wees as die minister van polisie goedkeuring gegee het vir die vandale nie. Waar is ons president en sy kajuitraad. Die spul eff het die wet tov afstand nakoming oortree maar niks gebeur nie. Vir wie is die maatreels daargestel.

Bushy ·

Net een oplossing. Ons stig n politieke party en werf lede dan kan ons ook mense en besighede manipuleer, en misdaad pleeg op politiese grondslag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.