Polisie, gemeenskapsleiers in Limpopo ontmoet oor misdaad

Foto: SAPD.

Die provinsiale polisiekommissaris van Limpopo het met gemeenskapsleiers en ander belanghebbendes vergader om die stand van misdaad in die provinsie te bespreek.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê dat misdaad, spesifiek bendegeweld, veediefstal en moord, drasties toegeneem het.

Volgens die verklaring word mense wat van misdade verdink word, dikwels aangeval, vermoor en word hul eiendom beskadig.

Lt. Genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het spesifiek sy kommer oor die toename van veediefstal uitgespreek en gesê dat dit onmiddellik beëindig word.

“Brig. Sam Mokgonyana, provinsiale hoof van misdaadsvoorkoming, het die byeenkoms gereël waartydens al die voorsitters van gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en die provinsiale raad oor die situasie besin het,” het die polisie gesê.

Die doel van die samesprekings is om meer gemeenskapsgebaseerde misdaadsvoorkomingstegnieke te ontwikkel en implementeer. Dié tegnieke sal spesifiek gemik wees op die gemeenskap se bekommernisse en klagtes.

Ledwaba het die GPF-leiers aangemoedig om saam met die polisie te werk om te verseker dat die stryd teen misdaad op alle vlakke gewen word. Ledwaba het spesifiek genoem dat hy voorkeur wil gee aan die klagtes van individue in die sake- en boerderygemeenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AL ·

Ledwaba ons is baie dankbaar as jy betrokke wil raak by die boerdery gemeenskap se probleme.

Respekviralleboere ·

Wat gaan dit help? Solank misdadigers meer regte het as ons in ons “Tronk Huise”, kan hulle maar praat so veel as wat hulle wil. Dit gaan nie help nie…
Ek was aangeval en kon daarin slaag om die “Ding” te ontwapen. Ek kon kophou en veilg ontsnap. Lang storie kort, die ou is gevang en die polisie het reguit vir my gese dat hulle my ook sou toesluit as ek hom sou aangerand het. Lekker ne?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.