Polisie genader oor “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans”-pamflet

Die pamflet wat op die NWU se Potchefstroomkampus versprei is.

Die pamflet wat op die NWU se Potchefstroomkampus versprei is.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus gaan ‘n klag by die polisie indien na aanleiding van die “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”-pamflet wat verlede week op die kampus versprei is.

Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, sê sy kampusbestuur beskou die pamflet in ’n ernstige lig.

“Ongeag wie verantwoordelik is, dit kan net een doel hê en dit is om die rasseharmonie op die kampus, te versteur.”

Hy sê die beskermingsdienste op kampus het ‘n interne ondersoek stapel gestuur na die voorval maar kon nog nie die skuldiges identifiseer nie.

In die lig hiervan het Van Schalkwyk versoek dat die kampus ʼn formele klag by die polisie aanhangig maak.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het intussen ook vir studente die versekering gegee dat alle redelike maatreëls in plek is om hulle veiligheid te verseker.

“Die pamflet bevat duidelike voorbeelde van haatspraak. Daar was ook ‘n baie deursigtige poging om my aan die pamflet te koppel deur die insluiting van my voorletters en geboortedatum in die teks.

As universiteit moet ons ʼn institusionele kultuur skep wat inklusief en verwelkomend is vir alle Suid-Afrikaners sowel as buitelanders. Die gebruik van haatspraak druis totaal in teen so ʼn kultuur.”

Kgwadi sê hy het telkemale beklemtoon dat hy die universiteit se beleid van funksionele meertaligheid ondersteun.

“Hierdie beleid verseker dat funksionele taalbehoeftes van ons studente gerespekteer word sover dit prakties uitvoerbaar is. Die posisie van Afrikaans is veilig.

Dit is moeilik vir my om nie die afleiding te maak dat die outeurs van hierdie pamflet gekant is teen die tipe transformasie waartoe die Raad, die Institusionele Bestuur en ek verbind is nie. Hulle het verfoeilike haatspraak gebruik om verwarring, vrees en twyfel in die gemoedere van personeel en studente te saai.

Die beste manier om ons verbintenis tot transformasie en uitnemendheid te wys, is om hierdie kwaadwillige pogings om ons te ontspoor, te ignoreer.”

AfriForum Jeug het die pamflet vroeër as ‘n “rassehaat-pamflet” bestempel en dit ten sterkste veroordeel.

Lees ook:
Studenteraad sê oor ‘rassehaat-pamflet’
“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk glo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Corne ·

Die meerderheid afrikaners is protestante christene. Die vyand agter die skerms is anti-christene wat ons verlede gebruik om haat te broei tussen ons mense. Kyk maar wat aangaan reg rondom die wereld. Malema is vriende met Mugabe wat n opgeleide jesuit is. Hulle word opgelei om christene dood te maak op geweldige maniere. Soek op internet “jesuit extreme oath of induction”

anel botha ·

Ontspoor “ignoreer”!!! What ever!!! Wat van Tuks se 2 studente? Hoekom nie dit ook ignoreer nie?

marietjie ·

Uit die aard gaan daar niks van kom nie, maar die arme twee vroue studente wt n onskuldige partytjie gehou het is geskors. die persoon moet sommer toegesluit word

Anton Smit ·

Waar is die minister van hoer onderwys met sy groot bek want as die blankes iets doen waarvan hy nie hou nie skree hy gou ten hemele die visekanselier van die NWU moewt maar sy vriend bel en vra wat hy nou se

Angella Langenhoven ·

Ek wag al n week, vandat ons van die “haatspraakpamflet’ op die nuus (3 Aug) gehoor het dat iemand iets daaroor gaan skryf en iets daaromtrent doen. So n week of twee gelede was daar groot polemiek oor die”Stem” wat Steve gesing het, baie afrikaans spreekendes het byna histeries tekere gegaan daar oor. Een man het selfs sover gegaan om te se dat hy skaam is om afrikaans te wees. (arme man, n mens kan hom net jammer kry dat hy nie rugraat het nie) Die stem was vir Suid Afrika geskryf, en nerens word daar melding gemaak van een volk of nasie nie, en ook geen uitwissing van iemand nie, MAAR oor die haatspraakpamflet het nog nie een van die ouens wat so gal gebraak het, iets te se nie. Dieselfde dag is ook genoem dat n ou man wat sy hond gaan kos gee het, erg aangeval, gebrand is met n yster, brandstof oor uitgegooi is en vir n bonus is sy arme hond se rug gebreek. Die dier moes in pyn le tot die volgende dag voordat hy verlos kan word van sy pyn. Dan praat ons nie eens van die hoeveelheid kinders wat verkrag en vermoor word nie.
Geen land, geen nasie of volk het n lelieblank verlede nie, nie hier nie, nie in die wereld nie.
My vraag is, is dit nie tyd dat almal, en ek bedoel almal in ons land, ophou rol in die modder van die verlede en begin werk aan respek vir mekaar en vrede nie. Verantwoordelikheid aanvaar vir die hier en die nou, en ophou skuil agter die verlede nie.
Wat gister was kan nie verander word nie, vandag is die eenigste dag wat ons daadwerklik iets positiefs kan doen, want more mag dalk nie aanbreek nie.

PURE BOER ·

Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.

In die murg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees.
In ons wil en werk en wandel,
Van ons wieg tot aan ons graf.
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland, ons sal die adel,
Van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners,
Kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer,
in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
in die lanfer van ons rou.
By die klink van huw’liksklokkies,
by die kluit-klap op die kis.
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
Weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit née nie,
Sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe –
Ja, ons kom, Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou.
Dat die erwe van ons vadere
Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
Teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.

Frans ·

As ek so na die mooi woorde kyk en lees wonder ek hoe sal die Stem klink vanaf die hoogste bergpieke deur al die Afrikane van SA wat dit bedoel.Kyk met hoeveel minagting sing die sport publiek wanneer hulle die gemengde nuwe swart volkslied sing.In ons tyd het ons op aandag gestaan niks se gerondvroetel en gepratery nie.Die Stem was en is nog steeds ‘n groot faktor vir ons lands burgers wat hierdie land SA opgebou het.Kom ons bly die beste Nasie al word ons verdruk en beledig.

PURE BOER ·

Kyk bietjie na die 2de vers, daar staan “Waar en trou as Afrikaners” Is dit nie n volk nie? Daar staan nie Suid-Afrikaaners nie. Die stem bly na my hart, maar wees eerlik met jouself en weet dat Afrikaners SA op gebou het. Ons was sterker as die pond en was bang vir niks en niemand. Ongelukkig breuk die ander nasie SA af en maak dit n land waar jy kan moor en roof. God slaap nie en Hy wil he ons moet vir onself kan dink en optree, dis hoekom God ons God ons so lief het. God gaan nie alles vir ons doen nie, net soos jy as ouer nie alles vir jou kind doen nie. Jou kind moet kan dinge vir hom/haar self kan doen.

veldmuis ·

Gñ ligstraaltjie vir n witvellie in die duisternis van n SA nie. Dink al die afrikanerboere moet maar v ons self erens elders n 2e Orania stig…terwille van ons kids en nageslagte…ons mooie land waarop ons eens trots was is nou vrot donker ‘sel’… :-(

Kobus de Villiers ·

Dis tyd dat ons vastrap en groot amok maak oor rasisme en haatspraak. Ons studente word oor stupid videos en grapender fotos geskasty maar wanneer daar haat aangeblaas word bly almal stil. Ons moet dit ‘n groot storie maak , niemand anders!

Ant ·

DK se wens om NWU ‘n meertalige universiteit te maak is die begin van die einde. Die logiese gevolg is sodra ander tale welkom is begin die kwota stelsel wat reeds by Tukkies en elders geld, en stelselmatig droog die geleenthede op vir ons kinders om te studeer, want sien hulle sal bloot toegang geweier word ongeag hulle prestasies op skool.

As ons nie ‘n afrikaanse universiteit of twee kan behou nie, gaan ons kinders nie universiteits opleiding ontvang nie en gaan die swart regering die wit kinders landuit jag of reduseer tot basiese werkers.

Hierdie is bitter belangrik vir die toekoms van ons mense.

Fanie ·

Hoop dis nie ‘n blanke studente poging om te mislei nie…

Veg die Afrikaanse saak op feite en meriete, nie op fabrikasies en leuns nie.

Martie ·

In hierdie land is daar geen wet meer nie, dit is hoekom ons land ten gronde gaan. Hierdie kinders moet weer Exodus 20 geleer word, dan sal hulle sien dat jy nie MAG DOODSLAAN, of STEEL, of MOOR en nog baie meer, en dat jy jou naaste moet liefhe soos jouself. Daar moet vergadering deur alle studente gehou word om te besluit of hulle gaan saamstaan as groep, ongeag van jou kleur. Die wat daarteen gekant is moet dan nou maar terug na waar hulle vandaankom.

johan naude ·

Dit moet ni ge ignoreer word om julle onbetrokenheid te bewys nie. Julle moet die saak in die publiek tot op die been oopkloof om die skuldiges te vang en verhoor

willie beetge ·

Dit is kommerwekkend om negatiewe kommentaar uit die mond van die Afrikaner te hoor. Is ons dan nie die volk wat ons oorwinnings en aksies op geloof baseer nie, is ons nie die nasie wat ons dade baseer om die bybel nie. Hoe kan ons dan nie eens die geloof van n mostert saadjie beoefen nie. Ek glo dat die aksies van Afriforum jeug teen haatspraak vrugte sal afbring. In ons geloof en aksies le ons sukses, in gemeentskaplike doelstellings le ons toekoms. Die tyd het ryp geword om op te staan, om uiteindelik saam te staan, om as Afrikaners ons stemme dik te maak en om verantwoordbaar te word vir ons voortbestaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.