Polisie gesê om nie ‘met wapens in hul hand te sterf nie’

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Lt.genl. Lebeoana Jacob Tsumane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het dié naweek polisiebeamptes aangemoedig om hul wapens te gebruik wanneer hulle deur misdadigers aangeval word.

Tsumane het met die media gepraat by konst. Kuhle Mateta se begrafnis in Ngcobo in die Oos-Kaap. Mateta was een van vyf polisiebeamptes wat op 21 Februarie deur ʼn vermeende groep misdadigers doodgeskiet is toe hulle ʼn vulstasie beroof en ʼn polisievoertuig gekaap het.

Hy het ʼn beroep op die polisie gedoen om aan te hou om misdadigers te konfronteer om sodoende die integriteit van die land te herstel. “Ons moet uitstyg bo hierdie misdadigers en die gesag terugneem. Ons sal die wapens van ons handel gebruik om bendes, sindikate en misdadigers en potensiële misdadigers wat hulle voordoen as engele en profete daarmee te verwoes,” het hy gesê.

Tsumane het gesê die polisie is gereed om die geveg teen misdaad te veg – én te wen. “Kollegas, ons het die wapens van ons handel, en dit moet gebruik word. Benut dit sodat jy nie sterf met jou [wapen] in jou hand nie.”

Xolani Prusente, adjunksekretaris van die polisievakbond Popcru, het geëis dat minder polisiebeamptes by hoofkantoor moet sit en meer van dié beamptes persoonlik besig moet wees om misdaad te beveg.

Hy het ook gesê gemeenskappe moenie huiwer om misdadigers by die polisie aan te meld nie. “Gemeenskappe weet wie die misdadigers in julle omgewing is. Ons versoek julle om hulle aan te gee, nie net wanneer jy die een is wat deur die misdaad geraak word nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Dit sal ook help as hulle kan skiet maar die oorgrote meerderheid is n gevaar vir hulself met n vuurwapen.

SAnik(s) ·

In die lig van die net-nuus berig dat n SAPS generaal van bedrog aangekla word omdat amper 300 SAPS lede wat n wapen kursus gedruip het op haar aandrang “deurgesit” is, kan vele Polisie lede met n wapen in die hand sterf omdat hulle nie die wapen behoorlik kan gebruik nie. Die generaal het daardie lede nie n guns bewys nie, maar hulle in n uiters gevaarlike situasie gestel.

Daan ·

Die polisie doen niks wanneer daar iets aan hul geraporteer word want moontlik is baie van hulle self in die misdade betrokke.

Sarel swartbrand ·

Ek weet daar is sekuriteits maatskappye wat beter lede en opleiding in SA het as die polisie Die polisie het n vals hoop vir misdaadslagoffers geword wat glo hulle sal veilig wees want daar is mos polisie.

Piet Pompies ·

Enige persoon, ingesluit lede van die polisie wat nie behoorlik opgelei is om ‘n wapen te handteer (gebruik in noodgevalle) is net so gevaarlik as die misdadiger self omdat onskuldige mense raakgeskiet kan word

snoefie ·

Lt.genl. Lebeoana Jacob Tsumane jy vergeet wat het te marikana gebeur toe die sapd teruggeskuet het.

Wim ·

So wil ons as bewoners van die land ook nie met die wapen in die hand sterf terwyl ons ons verdedig nie. Wie sien om na ons veiligheid, die regering, die privaat veiligheispaatskappy, of moet ons ons maar self verdedig? Ek sal graag wil weet watter % van my belasting die regering aan die polisie en my veiligheid bestee, sodat ek my % bydrae van die belasting kan aftrek.

Elvira ·

Hoe kan n polisieman oppas dat hy nie met n gwweer in sy hand sterf as hy noodlottig gewond is nie????? Ek kan dit amper vergelyk met n foto van n sakkie pille wat ek gekry het. Daar staan voorop geskryf: take two tablets in the morning before you wake up.

Sue ·

Elvira, dit beteken bloot dat as die Polisie hulself in gevaar of potensiele gevaar bevind dat hul die reg gegee word om “direk te skiet”. Ek raak skoon benoud as ek daaraan dink.

AJ ·

??????

Elvira jy ‘vat die koek’!

‘take two tablets before you wake up’

Suid Afrika kort daai tipe medisyne om ‘gesond’ te word!

Jammer dat ek lag!

PJC ·

Ek hoop dieselfde geld vir lede van die publiek wat deur misdadigers aangeval word. Dit is in elk geval nog beter om ń paar nagte in ń polisiesel deur te bring as om in ń lykshuis op te eindig.

Willie ·

Die probleem is as volg.. ek vermoed die polisiemanne wat so afgemaai was, het tien teen een, geslaap… tweedens, daar is nie respek vir n polisieman in die land, hulle is onbevoeg, korrup, lui en niks doen behep… Maak eers die SAPD skoon… respek wen respek…

Boet Fasie ·

Hoop dieselfde geld ook vir plaasboere om nie met ‘n vuurwapen in die hand of kluis vermoor te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.