Polisie ‘geskok’ oor grusame ontdekking

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap het sy skok uitgespreek nadat twee gedeeltelik ontbinde liggame gevind is.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Woensdagmiddag omstreeks 12:00 op die liggame afgekom naby die NU 6 Mdantsane naby Oos-Londen. “Lede van die honde-eenheid was op soek na ʼn verdagte in ʼn moontlik onverwante saak toe hulle op die liggame afgekom het,” het hy gesê.

ʼn Jong skoolmeisie het ʼn klag by die polisie ingedien dat ʼn onbekende man haar in die omgewing aangeval het, waar die persone se liggame later gevind is. Die soektog na die verdagte is later opgeskort weens swak sig.

Mbi het gesê die twee liggame is dié van twee jong vroue. Die omstandighede rondom hul dood is nie bekend nie en geen positiewe uitkenning is in hierdie stadium moontlik nie. “Die saak geniet top prioriteit en ʼn volskaalse ondersoek is van stapel gestuur,” het hy bygevoeg.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale kommissaris, het dit benadruk dat die polisie in die provinsie toegewyd is om misdade teen vroue en kinders te verminder. “Ons doen ook ʼn beroep op ouers en voogde om ons by te staan en altyd seker te wees waar hul kinders en tieners is. ʼn Vermiste persoon moet so gou as moontlik aangemeld word,” het hy gesê. “Daar moet ook goeie kommunikasie wees tussen ouers en hul kinders om seker te maak dat enige vreemde gedrag dadelik opgevolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

al ·

Dit wil vir my voorkom of sekere ouers glad nie ouers moet wees nie. Dis ñ skande dat ñ vermiste jongmens nie as vermis aangemeld word deur die ouers nie.

Ai ·

Wil jy regtig vir my se dat niemand, nie een enkele persoon het een van die twee meisies as vermis aangegee nie?!

Dis absoluut hartseer hoor.

Se maar net ·

Nou hoe weet julle hulle is nie as vermis aan gegee?….Baie vermiste mense dalk na Dna sal hulle mos weet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.