Polisie glo warm op spoor van Senzo Miyewa-moordenaars

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Die polisie het Donderdag gesê hulle is “warm op die spoor” van die verdagtes in die Senzo Miyewa-moordondersoek.

“Ons ondersoek gaan voort en ons kry oorweldigende bewyse. Ons is warm op hul spoor, maar ons moet ook seker maak dat diegene wat ons in hegtenis neem, die regte verdagtes is,” het genl.maj. Vincent Leshabane, Gautengse kommissaris van speurdienste, gesê.

Meyiwa is in Oktober verlede jaar doodgeskiet terwyl hy by sy vriendin, die sanger Kelly Khumalo, gekuier het by haar huis in Vosloorus, oos van Johannesburg. Die polisie het talle verdagtes in hegtenis geneem ná die moord. Minstens 12 mense is in hegtenis geneem, maar later vrygelaat, aangesien hulle nie aan die misdaad verbind kon word nie.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die Mejiwa-ondersoek is nie ʼn maklike saak nie. Hy het gesê speurders werk om die beurt om die saak op te los. “Kriminele ondersoeke verskil en hierdie saak is moeilik. Die ondersoekspan reis tussen KwaZulu-Natal en Gauteng en werk hard aan die saak. Ons wil mense verseker dat die speurders hard werk en toegewyd is.”

Klik hier vir alle berigte oor die Senzo Meyiwa-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sonnetjie ·

Dis net teleurstellend dat die Polisie sóveel aandag en energie spandeer op sake waar belangrike mense vermoor is, waar sóveel ander moordsake weer só afgeskeep word.

hartjieding ·

Ek stem saam jou sonnetjie dis hartseer waarna toe gaan die land van vandag

Debs ·

Vat ook maar lank, snaaks hoe vining hulle sommige skurke kan vastrek …… wonder maar net.

hartjieding ·

Ja ons sal altyd wonder kan ons mensies nie maar soos die oorsee se mensie word nie hulle doen n ding goed en deeglik en vang altyd die skurke

Lynette ·

Wanneer n blanke die skurk is, word hy vinnig aangekeer maar hulle vang selde die swartes. Veral wanneer dit by plaasmoorde en moord van blankes is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.