Polisie gryp gou in om swanger vrou te help

Argieffoto

Argieffoto

Beamptes van die Morokweng-polisie in Noordwes het vandeesweek gou ingespring om ʼn 36-jarige vrou te help wat voor die stasie begin kraam het.

“Drie beamptes, senior administrasieklerk Oalositse Kupi, datatikster Refilwe Sereko en skoonmaker Lorato Selebogo was by die polisiestasie aan diens toe hulle ʼn vrou hoor skree het en gesien het die swanger vrou sit buite die polisiestasie,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou het reeds begin kraam, en een van hulle het gou komberse in die stasie gaan haal om vir die vrou privaatheid te gee. Ao Gaorongwe Jongani het hom intussen na die kliniek gehaas om ʼn ambulans te ontbied. Paramedici het die ma en baba na die kliniek geneem.

“Die beamptes is later in kennis gestel dat dit goed gaan met ma en baba. Die babadogtertjie het 2,3 kg met geboorte geweeg,” het Mokgwabone bygevoeg.

Die ma het besluit om die dogtertjie “Keaoleboga” te noem, wat “Ek is dankbaar vir die Here” beteken.

“Die polisiebeamptes sal die wonderwerkbabatjie egter altyd onthou as “Omaatla”, wat “Die Here is magtig”, beteken.”

Beamptes by die stasie het geld bygedra om klere vir die babatjie te koop. “Ons is bly en trots dat God ons die moed en vermoë gegee het om die vrou te help om veilig geboorte te skenk,” het Kupi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik ·

Dis heerlik om sulke goeie nuus te lees, Dankie julle mag julle ryklik geseen word en sterkte aan die ma

plaasjapie ·

Ja nee dis baie mooi….mos amper verkiesing tyd. Dis net opvallend dat omtrent alles wat die polisie nou reg doen, klein of minder klein, nou nuus is. Julle laat die anc beter lyk hoor, ons land se polisie mag raak nou op die bol !

N ·

Jy is verskriklik negatief plaasjapie. Skaam jou! Ek stem dinge lyk nie goed in hierdie land nie maar sjoe dit is nie nodig om selfs oor die goeie goed negatief te wees nie!!!!! Daar is genoeg slegte dinge wat gebeur!! Kom ons wees bly en dankbaar vir enige goeie nuus wat ons kry!!

plaasjapie ·

Nee ek is nie negatief nie N…ek is baie bly. Ons het baie lank terug sulke goeie diens van ons SAPD onvang…en dit gee die kamera en media ook meer om te doen…
Nou n goeie tyd om van die flinke diens van ons polisie gebruik te maak….veral as daar n kamera man by is om dinge op die nuus te kan kry !
Glo dinge sal so aangaan tot na die verkiesing….
Terwyl dit pap reen moet ons skep !

magda ·

Jy het lanklaas nuus gelees. Daar is nog polisie lede wat omgee vir liefdadigheid.

Karma ·

@plaasjapie (en ander wat sommer die ‘negatiewe kritiek’ bordjie hier om sy/haar nek hang). Dit is moeilik om in vandag se dae positief te wees: maak ‘n koerant oop en jy lees van misdaad: moord en verkragting, inbrake, roof e.d.m. Hierdie is wel ‘n goed-voel storie en mens moet dankbaar wees vir die manne en vroue in blou wat nog goeie diens lewer. Maar aan die ander kant dink ek nou ook aan die ma wat – soos ek dit verstaan – letterlik op die sypaadjie geboorte geskenk het. Magtig, waar is dié mense se verstand? ‘n Baba word (normaalweg) nie binne 2 minute van die begin van kraampyne gebore nie; sy moes al ‘n geruime tyd in kraam gewees het om so vinnig in kraam te gaan en lewe te skenk. Wat de duiwel soek sy op straat – of was sy dalk oppad kliniek toe? En het die polisiekantoor dan nie ‘n foon nie: waarom moes iemand na die kliniek has om ‘n ambulans te kry? En ja, “good news stories” gaan nou baie wees – tot en met die 3de Augustus, dan val alles maar weer plat soos ‘n koek wat sonder bakpoeier gebak is (‘self-raising meel help nie eens altyd nie) …. :-/?

plaasjapie ·

Magda…ek glo daar is..soort help soort…soos in die verslag gelees kan word.

Joann ·

Plaasjapie jy is reg. Verkiesings tyd gebeur wonderlike goed. Wat soek die vrou in straat as sy sover swanger is????

Absoluut ·

Joann dit was my eerste reaksie ook, ek sou dink Polisie is vir beskerming, kliniek is vir kraam. Ek is nietemin trots op die polisie lede wat so flink en oulik was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.