Polisie gryp onderwyser wat glo teister

Skermskoot uit die video.

ʼn Onderwyser van die Hoërskool Dundee in KwaZulu-Natal is verlede week deur die polisie van die skoolterrein af verwyder nadat hy glo ʼn leerder seksueel aangerand het.

Luidens ʼn omsendbrief wat deur die skool uitgereik is, het die betrokke onderwyser na bewering die gru-daad tydens skoolure gepleeg.

“Dit is met hartseer dat ons verneem dat ʼn onderwyser met ʼn departementele pos na bewering ʼn leerder seksueel aangerand het,” sê die woordvoerder van die skoolbeheerliggaam.

Die skool het glo onmiddellik die ouers van die voorval in kennis gestel en die leerder na die skool se sielkundige geneem vir ondersteuning.

Sy is later na die Dundee-hospitaal se krisissentrum geneem vir ʼn ondersoek en behandeling.

Die polisie is glo kort daarna ontbied en die betrokke onderwyser is op die skoolterrein in hegtenis geneem. ʼn Klag van seksuele aanranding is teen hom aanhangig gemaak.

“Die voorval is by die provinsiale departement van onderwys aangemeld en ʼn volledige ondersoek na die saak is van stapel gestuur,” sê die woordvoerder.

Ouers en lede van die gemeenskap het verlede week by die skool opgeruk terwyl die onderwyser in hegtenis geneem is. Sedertdien het die skoolhoof ook onder die woede van die gemeenskap deurgeloop met talle mense wat op sosiale media eis dat die hoof sy bedanking inhandig.

“Die reaksie op hierdie voorval was uiters gewelddadig en dit is te verstane dat die gemeenskap ook hul woede oor die voorval wil uitspreek.

“Die beheerliggaam wil egter die gemeenskap verseker dat ons alles in ons vermoë sal doen om stabiliteit en veiligheid by die skool te verseker.”

Sedert die voorval het die onderwyser vlugtig in die Dundee-landdroshof verskyn, berig Northern Natal News.

Hy sal na verwagting Maandag weer in die hof verskyn waar hy aansoek om borgtog kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dries ·

Dit is onverstaanbaar dat sulke tragedies sekere mense laat sing en toy toy. Juig hulle of dreig hulle

piet ·

Die mense ruk op en wys hulle ongelukkigheid met hul teenwoordigheid. Hulle is nie so passief soos sommige Afrkaners wat vanaf hul rusbanke af moan maar niks daadwerkliks doen nie.

Kobus ·

ANC moet Lesufi aanstel as hoof van “Redding Nasionaal” Hy sal dit geniet. Die reis, verblyf en TV dekking.

twaalfboor ·

Dis eintlik so maklik. Ek hou nie van die onderwyser nie want ek kom respek en disipliene tekort. So kom ons maak ñ aantuiging van seksuele aanranding. Die waarheid sal wel uitkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.