Polisie help baba vang

Polisiebeamtes het ‘n vrou van Vorstershoop gehelp geboorte skenk. (Foto: verskaf).

Lede van die polisie in Noordwes het Saterdag die spreekwoordelike tweede myl saamgeloop toe hulle ʼn vrou gehelp het om geboorte te gee.

Lede verbonde aan die Vorstershoop-polisiestasie het 06:00 Saterdag ʼn oproep van ʼn lid van die gemeenskap gekry oor ʼn 22-jarige vrou wat erge kraampyne ervaar.

“Omdat dit ʼn landelike gebied is, het die polisielede geweet dat toegang tot gemeenskapsdienste beperk is. Die vier konstabels en ʼn tikster het dus toe self na die vrou se huis in die Monotomosetlha- informele nedersetting gehaas,” sê polisiewoordvoerder brig. Sabata Mokgwabone.

Toe die polisiebeamptes by die huis aankom, was die vrou op die punt om te kraam. Hulle het ʼn ambulans ontbied. “Terwyl hulle gewag het vir die ambulans het twee vrouekonstabels die vrou gehelp om ʼn gesonde babadogtertjie in die lewe te bring,” sê Mokgwabone.

Die vrou en haar kind is om 09:00 aan nooddienste oorhandig.

Die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes het die polisiebeamptes geloof vir hul heldhaftige optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pampoen ·

Dis omtrent 150km noord-wes van Vryburg teen die Botswana grens.

Mieliestronk ·

Ek wil net vir Maroela reghelp. Ek het op Vostershoop groot geword en dit is 600 km van Potch af Vostershoop is op die grens van Botswana

Megan Swart ·

Dagsê Mieliestronk
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die flater, die berig is gewysig.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.