Polisie het kamma-kolleges in visier

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Limpopo-polisie het Woensdag gewaarsku dat kamma-opleidingskolleges of verdere onderwysinstellings nie geduld sal word nie, en dat die polisie streng teen diegene sal optree wat dit bedryf.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie hou ʼn valkoog op verskeie instellings wat regoor die provinsie opgeskiet het.

“Studente sal by die kamma-instellings registreer en vir die kursusse betaal, en as die kursusse moet begin, bestaan daar nie so plek nie,” het Otto aan Maroela Media verduidelik.

“Ander instellings laat studente registreer en die kursus voltooi, maar dan is die instelling nie geakkrediteer nie. Die sertifikate beteken dan niks.”

Sy het die publiek en studente versoek om verdagte instellings by owerhede aan te meld.

“Twee sake van kamma-kolleges is tans hangende in Limpopo-howe. Een van hulle hou verband met ʼn ‘verplegingskollege’ waarvan die eienaar reeds in hegtenis geneem is,” het Otto gesê.

Die ander saak behels ʼn ingenieurskollege wat nie geakkrediteer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Dis wat ons elke dag leer by ons leiers….Leuns en Steel.
Eskom het darm besluit om op te hou lieg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.