Polisie ‘het nie meer beheer’, wys misdaadsyfers

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die DA meen die jongste misdaadstatistieke wys dat die polisie nie meer beheer het oor misdaad nie en dat landsburgers, veral dié op plase, in vrees leef.

“Die toename in moorde op plase en kleinhoewes wys dat landelike veiligheid steeds ’n bekommernis is,” het Okkie Terblanche, die DA-skaduminister vir polisie, Vrydag gesê.

Bheki Cele, minister van polisie, het die misdaadstatistieke vir die laaste paar maande van 2020 Vrydag bekendgestel. Hiervolgens is 19 mense tussen begin Oktober en einde Desember verlede jaar vermoor in 18 voorvalle op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika. Die getal moorde en seksuele misdade het ook toegeneem.

Die DA sê Suid-Afrika bly ʼn gewelddadige land waar veral vroue en kinders kwesbaar is.

Ook die VF Plus is bekommerd oor die hoë getal moorde wat einde verlede jaar aangemeld is. “Dit is insiggewend dat die plek waar die derde meeste moorde plaasvind in die omgewing is waar drank verkoop word. Plaasmoordsyfers, wat in die vorige termyn ’n kommerwekkende styging van 62,5% getoon het teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2019, was ook weer hoog in die maande Oktober, November en Desember,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Groenewald sê die buitensporige toename van 66,7% in rooftogte van voertuie wat kontant vervoer, en ’n toename van 34,2% in vragmotorkapings wek groot kommer aangesien dit ’n direkte invloed op die land se ekonomiese herstel het. Kapings van gewone motorvoertuie het met 7,4% toegeneem.

Hy meen ’n groot rede vir die toename kan wees dat die polisie tydens die inperkingstydperk misdaadbeheer agterweë gelaat het en hulle eerder daarop toegespits het om inperkingsregulasies te polisieer.

“Die misdaadsyfer in Suid-Afrika was reeds baie hoog voor die inperking begin het. Suid-Afrika gaan in die komende jare ’n duur prys betaal vir die polisie se afskeping van gewone misdaad om Covid-19-regulasies toe te pas soos om leë strande te patrolleer.”

Groenewald sê dit is wel bemoedigend dat die polisie nou self erken dat misdaad skerp toeneem en dat harde werk voorlê om dit te bekamp.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Baardman ·

Cyril en sy bende het in totaliteit beheer verloor. Sy gepeupel is besig om die land oor te neem, en hy kan niks doen nie, want hy is ruggraatloos

Michael ·

SAPS is werklik puik wanneer dit kom by die vang en arresteer van ‘n gesin met ‘n eenjarige kind wat sand toe hardloop of om ‘n kite surfer met ‘n polisie helikopter te jaag en dan te arresteer. Hulle is ook op en wakker en getrou op hul pos-selfs die minister-wanneer hulle lee strande patrolleer vir uiters gevaarlike en dodelike landsburgers wat dit waag om op die strand te loop. Plaasmoorde, motorkapings, geweldadige huisbrake, bendegeweld en misdaad, verkragtings, korrupsie en aanrandings is nie naastenby so gevaarlik as Covid-19 nie want hier is elke burger ‘n potensiele moordenaar en benodig ons die strengste moontlike polisiering en handhawing van die lewensreddende afsonderingsregulasies.So mense gee hulle die krediet wat hul toekom.

Nie Verbaas ·

Met ander woorde Cele en sy lede het verander in net nog n grap.

Ou bees ·

Die regering se erkenning beteken niks nie kyk maar na die president se erkenning dat hulle as regering beskuldigde nr 1 is by bedrog dit het niks laat stop nie net dalk meer gemaak

Anoniem ·

Hoe kan die polisie beheer hê oor misdaad? Hulle is dan deel daarvan.

agnes ·

Die feit dat veral die moorde in Okt. Nov. en Des. plaas vind dui daarop dat buitenlanders geld soek om na hulle Tuisland te vat. Ons het hulle nie hier nodig nie, ons eie mense is werkloos.

Werner ·

Wat gebeur as n skeidsregter beheer verloor oor n rugby wedstryd?Die ouens slaan mekaar nou gaan hulle mekaar skiet

Anton ·

Wel, hulle het darem die klein persentasie wetsgehoorsames onder beheer

Nie Verbaas ·

Misdaad neem toe en daar is absoluut niks wat Cele en sy meestal onbekwame, korrupte en oorgewig lede daaraan kan doen nie. Mense het absoluut geen respek meer vir die reg nie.

Francois Le Cochon ·

Die probleem le^ by ons Polisie Kollege. Dit het ontaard in ‘n plakkerskamp. Familie kom saam en plak op die terrein en eet saam in die menasie. Stuur konstabels na ‘n Polisie Akademie in Amerika, laat hul daar opgelei word, en laat die kaf van die koring daar geskei word. Nie ongewoon vir ‘n SA polisieman wat nie kan lees of skryf nie.

Kokerboom ·

Misdaadbekamping is werk en dis NIE deel van meeste se verwysingsraamwerk

john ·

Cele is te besig om mense op die strand te vang en mense sonder maskers om regte krimineele te vang.

Johann ·

Die polisie is JUIS in beheer. Hoe erger die staat van anargie hoe makliker vir die terroris ANC kaders om hulle magsvergrype en kern korrupte karrakter na te streef en uit te leef.

KB ·

Bheki Cele is nie die woord minister werd nie, wat nog te sê van Polisie!
Hierdie syfers verbaas my nie in die minste nie (en dan is die syfers eintlik slegter as wat beweer word).
Die regering het lankal reeds ‘n verskuilde agenda (gebasseer op die Mugabe-model). Hoe dom moet mens werklik wees om dit nie raak te sien nie?
SA se politici beïndruk niemand nie. Dit het tyd geword vir spesialiste (nie politici nie).

KB ·

Toe dit nog die SAP was, was dit ‘n instelling met trots, dissipline en het hulle respek verdien…nou is dit die een rooi gesig na die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.