Lt. Thokozani Zungu (31), speurdertakbevelvoerder in Witrivier, Mpumalanga, het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, die versuim om by ʼn ongelukstoneel te stop en dronkbestuur.
Brig. Selvy Mohlala, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Zungu was glo Vrydagmiddag om 15:55 in twee afsonderlike ongelukke, waarin drie ander voertuie betrokke was.
Die ongelukke het op die R40-pad tussen Witrivier en Nelspruit plaasgevind. “Tydens die eerste ongeluk het hy vermoedelik teen ʼn Ford Bantam by ʼn verkeerslig by Rocky’s Drift vasgery,” het Mohlala gesê. “Hy het nie by die ongelukstoneel stilgehou nie, en by die afrit by die Riverside-winkelsentrum teen nog ʼn Ford Bantam én ʼn Toyota Fortuner gebots.”
Ander motoriste het Zungu se voertuig, wat is staatsvoertuig is, met hul eie voertuie versper, die sleutels afgeneem en die polisie ontbied. Die polisie het vermoed dat Zungu onder die invloed van alkohol bestuur het, en het hom in hegtenis geneem. Hy is ook na ʼn hospitaal geneem waar daar bloedmonsters geneem is.
Zungu is nie gevra om te pleit nie. Sy saak is tot 30 Julie uitgestel.
Ware, reg en, geregtigheid het geskied. Mooiso motoriste.