Polisie-hoës besoek slagoffers van kleinhoewe-aanval

Argieffoto: Phillip Bruwer

Twee bevelvoerders het ʼn besoek afgelê by die slagoffers van ʼn aanval Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Pretoria waartydens ʼn rower doodgeskiet is.

Konst. Connie Moganedi, woordvoerder van die Cullinan-polisie, het aan Maroela Media gesê kapt. Gertzen, waarnemende stasiebevelvoerder van die Cullinan-polisie, en kapt. Du Toit, bevelvoerder van die speurtak, het die slagoffers op hul kleinhoewe in die Rooikoppies-omgewing, oos van Pretoria, gaan besoek.

Maroela Media het vroeër berig drie onbekende mans, gewapen met messe, het toegang tot ʼn bejaarde man se huis op die kleinhoewe verkry. Dit was omstreeks 03:00 en die man het geslaap.

“Die verdagtes het die man vasgebind en begin om die huis te plunder. Die slagoffer se kleinneef wat in ʼn ander huis op dieselfde hoewe woon, het egter tot sy bejaarde oom se redding gekom. Hy het vinnig na buite gegaan om ondersoek in te stel toe hy die honde hoor blaf het, waarna die verdagtes met huisware weggehardloop het,” het Moganedi gesê.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig een verdagte is tydens die voorval doodgeskiet. “Die omstandighede rondom die skietery word nog ondersoek,” het hy gesê.

Die polisie, met die hulp van die honde-eenheid, het later elektriese toestelle teruggevind wat ʼn paar meter van die slagoffer se huis agtergelaat is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Kapt. Gertzen en kapt. Du Toit het hulle daartoe verbind om pogings te versterk om die veiligheid van inwoners, insluitende plaasbewoners, te versterk. Gertzen het onderneem dat die Cullinan-polisie nie sal rus totdat die oortreders aangekeer is nie,” het Moganedi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pop ·

Let asb op na die polisie se vanne. Dankie aan die 2 kapteins vir die besoek saam met hulle manne.

Werner ·

Hulle het seker hulle medelye met aanvaller kom betoon wat doodgeskied is

Ag asseblief tog Werner ·

Lees die berig nou weer en baie stadig. Dan gaan dink jy so n bietjie voor jy snert op sosiale media kwyt raak.

ah hoeeeee ·

ag asseblief tog werner neem saans n dubbeldisis puigasie en soggens n snuifie humor. dit sal jou laay bypik

koos ·

Was hulle nie dalk daar om die omstandighede rondom die skietery te ondersoek nie?

Gerrit ·

Baie goeie gebaar maar is dit soos meeste gevalle net praat en niks doen nie of gaan hierdie twee polisie beamptes my verkeerd bewys.

Ag asseblief tog PJC ·

As jy niks goed kan se nie, bly eerder stil.

TLC ·

Ek daag die 2 SAPD lede om ons almal te wys dat hul bedoel wat hul sê. Dit kan ons mos net weer trots en vertroue is hul herstel . Dankie Vader die slagoffers lewe Amen

humor ·

Kapt. Gertzen en Du Toit wys tog hierdie negatiewe suurg@tte julle kan. Met so n gesindheid is daar nie hoop nie.

Kleinneef ·

Kleinneef/Nefie is nie dieselfde as die Engelse ‘nephew’ nie. Nephew/Niece is Broers-/Susterskind. Neef/Niggie is ‘Cousin’ in Engels. Kleinneef/-niggie is my ma/pa se niggie/neef se seun/dogter.
Hierdie fout word tot vervelens toe in die media gemaak – dis ‘n skande, want so word kinders en oningeligte taalgebruikers, wat nie Afr goed ken nie, verkeerd geleer. Op die ou einde gebruik almal die verkeerde vertaling en glo dis reg. En voor jy jou oë uitvee word die verkeerde vertaling skielik aanvaar en in woordeboeke opgeneem. Dis ‘n baie lafhartige “if you can’t beat them, join them” houding. Die feit dat almal ‘n verkeerde vertaling gebruik maak dit nie reg nie. Die massa is nie altyd reg nie.

Nog so ‘n voorbeeld is “offer” wat ook nou sommer gebruik word in die plek van “aanbod”. In Afrikaans beteken “offer” iets heeltemal anders.
Behalwe vir eerlike beriggewing het die media ookndie verantwoordelikheid om mense se taalkennis uit te brei.

Lion ·

Hi ek sal my self beskikbaar stel om Die sapd te kan help in enige geval maak nie saak watse kleur ras betrokke is nie… Daar is altyd goeie mense daar buite. Hulle was daar en dit bewys baie baie dinge. Asb. Hou tog net op om so negatief te wees..

Jurie ·

Lion dankie vir jou goeie gebaar, ek sal saam met jou staan, sal vir jou die extra myl loop enige tyd. Julle wat so negatief is ek sal vir julle ook die extra myl loop dis nie net praat nie, ek het ‘n eed afgele. Die twee kapteins wat die slagoffers besoek het julle maak my trots as SAPD lid. Die van julle wat so negatief is was julle al aktief saam met SAPD byvoorbeeld by jou plaaslike Gemeenskapspolisieeringsforum aan te sluit of net bietjie navraag te doen oor Reserviste (Dit is weer in plek)

Werner ·

As julle klomp suur knolle nie sarkasme kan verstaan nie is daar nie hoop vir julle nie

Daan ·

Werner ek is met jou die afrikaner is kwaad maar te bang om hul fustrasie op die skuldiges uit te haal nou val hulle maar mekaar aan op sosiale media so asof dit gaan help.

Dirk01 ·

Dit is algemeen vir die stasie bevelvoerder om ernstige tonele te besoek , en elke skof moet n kaptein aan diens he.Sommige groter stasies het Lt Kolonels op elke skof , hier is niks uniek of ewe skielik nuw prosedures in plek nie .

ben ·

Sal graag wil weet wie het geskiet. Dan gaan die arme slagoffers seker weer vervolg word

christa ·

dankie aan kapt du Toit en Gertzen vir die optrede. Dankie dat daar iemand is wat sal toesien na veiligheid vir die boere.

Josua Keys ·

Sodra die persoon wat doodgeskiet is geidentifiseer is moet sy gesig en naam op sosiale media verskyn em almal wat met die persoon verbind is soos bv familie en vriende die polisie kontak en ‘n verklaring aflê van hoe hulle verbind is doen hulle dit nie moet dit as minagting van die hof beskou word en die mense vervolg word op die manier kan die polisie vasstel wie moontlik betlokke was by die roof en die mense arresteer, dit klink dom maar op die manier gaan geweldig baie sake opgelos word want dan kan lydrade opgevolg word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.