Polisie in Noordwes spoor meer as 250 voortvlugtiges op

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Altesaam 252 verdagtes is binne twee dae deur die polisie Noordwes aangekeer ná ʼn groot operasie om vermeende misdadigers in die provinsie op te spoor.

Altesaam 129 van dié verdagtes is vir ernstige misdade soos moord, verkragting, ernstige aanrading, roof en seksuele aanranding in hegtenis geneem, het lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Twee van dié verdagtes, onderskeidelik 23 en 30 jaar oud, verskyn na verwagting Maandag in die Ga-Rankuwa-landdroshof in verband met die moord op Elizabeth Kgope (30). Kgope het in Junie vroegoggend na ʼn Sassa-kantoor in Hebron gegaan om haar een maand oue baba te gaan registreer toe sy aangeval en doodgesteek is.

Sy is van haar handsak beroof.

Haar twee vermeende moordenaars is in Soshanguve opgespoor, het Funani gesê.

Volgens die polisie is verdagtes ook aangekeer vir opsetlike saakbeskadiging, oortredings van beskermingsbevele, diefstal en veediefstal. Die meeste van die verdagtes het reeds in die hof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in Noordwes, het die speurders vir die talryke inhegtenisnemings geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Due Polisie het nou hulle werk gedoen nou gasn die Staatsaanklaer en die hof hulle weer op straat vrylaart

Karlahari ·

Is dit al die wat vrygelaat was om plek in die tronke te maak?

agnes ·

mooi Polisie. Dankbaar. Julle behoord veel meer van sulke opsporings te doen. Stel meer Polisie aan vir die spesefieke doel, dit betaal die land se veiligheid en ons burgers Sal meer vrede Beleef. Die boetes betaal die salarisse van die polisie en ook van die verkeerspolisie, ons paaie is ook onveilig deur wangedrag van bestuurders en nalatigheid van onderhoud en beveiliging van hul voertuie

christo ·

‘n Paar jaar gelede het polisiespan die moeite gedoen en by ‘n groot gevangenis die polisie en Korrektiewe dienste se rekords vergelyk en oor die honderd gevangenes vasgetrek wat reeds vonnisse uitdien. ‘n Mens moet besef dat misdadigers nie net een misdaad pleeg nie, maar vele. Erens loop hulle wel hulle rieme styf en word gearresteer. Dit sal ‘n goeie idee as dit meer gereeld gedoen kan word, maar deesdae is alles chaos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.