Polisie in Oos-Kaap deur bendelede aangeval

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Polisiebeamptes van Gelvandale in die Oos-Kaap is Saterdagmiddag omstreeks 16:00 met klippe bestook toe hulle besig was met ʼn stop-en-deursoek-operasie in Martinstraat, Helenvale.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes is deur ʼn groep mense aangeval toe die beamptes ʼn dwelmverwante inhegtenisneming wou uitvoer.

“Toe die verdagte hom teen inhegtenisneming verset het, het die groep ingegryp en die beamptes met klippe bestook,” het sy gesê. “Een polisiebeampte het ʼn wond op sy voorkop opgedoen en twee polisievoertuie is beskadig.”

Vier persone is omstreeks 20:00 in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en opsetlike saakbeskadiging. “Twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 26 jaar oud, is by ʼn huis in Martinstraat in hegtenis geneem en twee verdagtes, albei 23 jaar oud, is by ʼn ander huis, ook in Martinstraat in hegtenis geneem.”

Naidu het gesê die verdagtes behoort almal vermoedelik aan die New Kids-bende.

Hulle sal Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJC ·

Die polisie behoort baie meer hardhandig met bendelede te werk want hulle toon geen respek vir wet en orde. Hulle behoort te bewe van vrees as hulle ń polisieman sien. Geweld is die enigste taal wat hulle verstaan.

Hans ·

klippe gooi is dodelike wapens – in so geval as klippe na my gegooi word sal ek die anvl teen my afweer.

Sarel Strydom ·

1. Borgtog. 2. Sask gaan vir jare duur en ” druglords” gaan net voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.