Polisie jaag twee wat glo diesel uit trok steel

(Foto ter illustrasie: KI/ Dall-e)

Twee brandstofdiewe is vandeesweek op heterdaad betrap waar hulle besig was om diesel uit ʼn vragmotor by ʼn staanplek op die N1 naby Ventersburg te steel.

Die hoofwegpolisie was om 11:30 met patrollies besig toe hulle dié diewe raakgesien het.

Die mans het laat spaander toe hulle die polisie sien, maar een verdagte is vasgetrek – die diesel steeds in sy besit. Die tweede verdagte het weggekom.

Die polisie het ook beslag gelê op die toerusting wat die diewe gebruik het.

Die 36-jarige man sal binnekort in die Kroonstad-landdroshof verskyn. Hy word van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde diesel aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.