Polisie kan nou optree teen Stilfontein-grondbesetters

Foto: Verskaf

Die polisie in Noordwes het met ʼn ondersoek begin nadat ʼn klag teen grondbesetters in Stilfontein aanhangig gemaak is.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van betreding is deur die provinsiale departement van openbare werke aanhangig gemaak. “Op grond hiervan kan ons nou met ʼn ondersoek begin.”

Intussen is daar steeds geen strukture op die grond opgerig en gaan grondbesetters net voort om erwe uit te meet. Honderde grondbesetters drom sedert Sondag op die grond saam.

Pieter du Preez, veiligheids- en takvoorsitter van AfriForum van Stilfontein, het gesê die situasie is steeds rustig en dat mense net op die grond rondstaan. Daar is ook weer mense in uniforms wat lyk soos dié van munisipale werkers wat erwe uitmeet.

Foto: Verskaf

Fanie du Toit, onderleier van die VF Plus in Noordwes, het gesê ʼn afgevaardigde van die nasionale departement van openbare werke het die gebied gister besoek om te bevestig dat die grond aan die provinsiale departement behoort.

“Dit is bevestig en die afgevaardigde is na die Stilfontein-polisie om ʼn saak aanhangig te maak.”

Daar is nie grenslyne op die stuk grond nie. Dele van die grond waarop erwe deur grondbesetters uitgemeet is, behoort aan die departement terwyl dele aan ʼn rehabilitasiemaatskappy behoort en die res aan die Matlosna-munisipaliteit.

“Die munisipaliteit maak gereed om ook ʼn saak te open en ons poog nog om die rehabilitasiemaatskappy se eienaars in die hande te kry.”

Foto: Verskaf

Volgens Du Toit sal die departement van openbare werke binne die volgende dag of twee ʼn grensdraad om die grond wat aan hom behoort, oprig.

“Die mense wat erwe op die grond uitmeet, is rustig en kalm en daar is geen gewelddadige atmosfeer nie. Inwoners is egter gefrustreerd en beangs, want hulle weet nie hoe die situasie gaan verloop nie. Daar is geen infrastruktuur op daardie grond nie en Stilfontein se infrastruktuur kan homself tans nie voed nie.”

Daar is intussen sprake dat grond langs die N12 ook in grondgrypers se visier is. “Boere in die omgewing het ons genader en aangedui dat hulle grond ook ter sprake is. Ons het hulle raad gegee oor hoe om op te tree in so ʼn situasie. Dit is noodsaaklik om bewys van eienaarskap byderhand te hê as jy polisie toe gaan alvorens ʼn saak aanhangig gemaak sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie Theron ·

Die wettelose grondgrypaksies landwyd is die uitbuiting van ‘n ruggraatlose bestel. Dit skep uiters onnodige plofbare situasies wat sito sito deur ANC toegelaat word by gebrek aan beplanning, gebrekkige bestuursvermoens asook weiring om aanspreeklikheid vir enigiets te aanvaar.Hul trek net hul skouers op. Watter persentasie van grondgrypers is onwettige immigrante? Die onbeheersde wetteloosheid gaan land omskep in een groot plakkerskamp.

Matlossie ·

Die voertuie waarin die ” arme grondbestters” ry is uiter luuks met Limpopo en Gauteng nommeerplate. Nie sprake van arm huislose jong mense nie. EFF manier omdat VF + verkiesing in Stilfontein gewen het. Hulle het in die duurste gastehuise in Klerksdorp oornag. Gaan nie oor grond gaan oor mag.

Alida ·

Het hulle nie werk nie? As die shack opgerig is wat eet hulle?

E ·

Daar is mense met munisipale uniforms wat erwe afmeet op staatsgrond en die departement dien ń klag in. Klink vir my na ń boomerang wat hulleself so klap.

Gerrit ·

Die hoof-leier gaan nie gelukkig wees nie, nog minder sy maatjie met die rooi keps.

George van Bloem ·

Vraag is nou of hulle ook gaan optree teen daai munisipale werkers en hulle gaan arresteer? Ek twyfel. Sal maar wag en kyk.

Marcus Volschenk ·

Hierdie is georganiseer deur die ANC omdat Stilfontein nou behoort aan die Vryheidsfront plus. Nou gaan hulle Stilfontein op ‘n ander manier terroriseer. Al wat die gemeenskap van Stilfontein nou moet doen is om self daardie erwe te gaan beset en hulle inwag en hulle goed op Donderdag as hulle weer hulle voete daar sit. Die Vryheidsfront plus ondersteuners het hulle stemme dik gemaak by die stembusse. Bewys weer julle kan saam staan en maak julle stemme dik met julle teenwoordigheid ook.

Lia ·

Die VF Plus het Stilfontein gewen… waarom die grondgryp nou skielik? Politieke motiewe om die omgewing te destabliseer?

Koos de Meyer. ·

Hulle praat uit twee monde. Hulle sê grondgrype sal nie toegelaat word nie, maar die werklikheid is dit word toegelaat.

Johann ·

Die voertuie langs die pad wys dat dit gegoede mense is wat die grond beset. Dis nie arm mense nie . Ek stem saam . Gee grond wat nie gebruik word nie en in vandag se lewe steeds nie omhein is nie . Grond wat nie gebruik word nie en vir jare net le. Grond wat 20 jaar plus net le gebruik dit of gee dit vir iemand wat iets daarmee wil doen . Hoekom le erwe vir 50 jaar plus in dorpe en steeds is niks daarop gebou nie . Hoekom le grond sonder heining draad en daar word niks daarop gedoen nie. Gee daai grond vir mense wat dit nodig het en kan gebruik

SjN ·

Johan, dit is nie net vir gee nie, dit is hoekom dit so gaan, hul verwag alles verniet en gratis sonder om daarvoor te werk,doen niks en ontvang nog een of ander grant, dit is mos nie volhoubaar nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.