Polisie knak kubermisdaadnetwerk

Handcuffs hang from a wire netting at La Esperaza Jail in San SalvadorVerskeie mense, waarvan sommige glo Nigeriërs, wat glo verbind kan word aan ʼn internasionale kubermisdaadnetwerk in Suid-Afrika en Amerika, is deur die Suid-Afrikaanse polisie in hegtenis geneem.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het Woensdag gesê inligting oor die inhegtenisnemings sal Woensdagmiddag tydens ʼn perskonferensie bekend gemaak word.

Die Franse nuusagentskap Agence France-Presse (AFP) het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met wetstoepassers van Amerika, het verskeie inhegtenisnemings gemaak. Die netwerk is glo uit Pretoria bedryf.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê dit is ʼn “Wes-Afrika-kriminele netwerk wat uit Suid-Afrika bedryf is, met sterk bande in Amerika”.

Ramaloko het aan AFP gesê daar is ook inhegtenisnemings in Kanada gemaak. Hy het gesê die verdagtes sal Woensdag in die hof verskyn voordat hulle aan Amerika uitgelewer word. Ramaloko het nie gesê hoeveel mense in hegtenis geneem is nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Mooi, ek hoop tog hierdie miljoene wat n mens WEN in al die kamstige promosies gaan ook verdwyn…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.