Polisie krap kop ná vonds op plaas

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het ʼn geregtelike doodsondersoek begin nadat beendere wat vermoedelik menslike oorskot is op ʼn plaas naby Louis Trichardt gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn boer was Maandag omstreeks 09:30 op sy plaas besig toe hy op dié raaiselagtige toneel afgekom het.

Volgens Mojapelo het die boer aanvanklik ʼn blou baadjie in ʼn boom opgemerk. Hy het ondersoek ingestel en afgekom op iets wat vir hom soos menslike oorskot gelyk het. Die polisie is daarna ontbied.

“Die polisie het by hul aankoms beendere en ʼn skedel gevind wat oor die toneel versprei was, asook ʼn bruin broek, blou baadjie, swart gordel, gestreepte bokserbroek en ʼn onderbroek. Die oorskot sowel as die klere is deur die polisie geneem vir forensiese ondersoek,” het Mojapelo gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om ao. Tshikotshi by 076 449 5028 te bel.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anonieme Lafaard ·

Verbaas dat die polisie die boer toe nie sommer summier in hegtenis geneem het en van moord aangekla het nie …

hendrik ·

Anoniem Lafaard, nie verbaas nie maar totaal stomgeslaan.

Vermeende ·

Kan julle net se by watter polisie stasie die oorekot gehou word, ek wil my GR4 kleinkind vat om die SAPD te help om die vermoedelike skedel te identifiseer as menslik of nie, miskien kan ons so bietjie tyd spaar en die stouters aankeer.

Liezl ·

Dit lyk vir my na ‘n Grimm toneel….vir diegene wat Grimm op Netflix kyk

Elaine ·

Daai is die beste reeks nog. Even beter werk as ons SAPS sin

Rohan ·

Was mal gewees or Grimm! Net jammer hy het net 6 seisoene en gaan nie weer aangaan nie. :(

Grassie ·

As ‘n mens na die foto kyk kan jy verstaan waarom voortvlugtende skelms wegkom as hulle uit hul voertuie spring en weghardloop.

lizl ·

Nee wat, kla die boer aan van moord, dis mos hoe dit werk. Saak opgelos en hoef hulle nie meer neus te krap oor dit

Andre ·

Is dit CSI se forensiese kenners saam met die baie fikse polisieman / vrou wat ‘n sixpack het van al die gym op die toneel?

ekke ·

Ek is verbaas die polisie het enigsins opgedaag. Want as jy hulle bel oor iets in die dorp dan het hulle kwansuis nie n voertuig om uit te stuur nie. Maar toe hulle hoor boer + plaas + menslike oorskot het hulle seker met loeiende sirenes uitgejaag want dis mos weer n boer wat n plaaswerker vermoor het

John Samuel ·

Die 11x swaar gewapende taakmag polisie lede ontbreek ook uit die prentjie….

#SkudMyKop

Bokka ·

Ja hul sal weer die Boer aankla want dit is die maklikste,die bloedjie was onskuldig op die Boer se plaas.

jaco ·

Dis regtig dom om so iets aan te meld, veral as jy ‘n wit boer is. BLY EERDER NET STIL.

Sue ·

Ek bepoef myself as ek vir enige rede op n mens skedel moet af kom. ?

Casper Labuschagne ·

Die oorsaak wat tot die dood gelei het in die geval sal seker nooit bepaal word nie, maar duidelik was hier wel nie ‘n poging aangewend om die oorskot weg te steek of te begrawe nie. Mense wat deur slange gebyt word sterf soms vir die eenvoudige rede dat hulle ure se stap van hulp af is, ander weer breek ‘n been of heup en kan eenvoudig nie by hulp uitkom nie.

Ek het al meermale gewonder daaroor dat die hedendaagse polisiediens altyd ‘n dossier vir moord of poging tot moord open, en dan van daardie punt af terugwerk – myns insiens is dit ‘n resep wat sal verseker dat onskuldige mense op ‘n dag in die tronk sal beland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.