Polisie krap kop oor boer, werker se skietdood

Heidi von Johnston en haar broer Luke von Johnston. Foto: Via Facebook

Die onlangse moord op ʼn boer en een van sy werkers in Mpumalanga word deur die plaaslike polisie as “baie raaiselagtig” beskryf.

Luke von Johnston (66) en sy werker, John Ntimane, ʼn bejaarde plaasvoorman, is Dinsdag op Von Johnston se plaas, Boondock, in Low’s Creek, noordoos van Barberton, vermoor.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê ʼn 39-jarige man, glo ʼn buurman van Von Johnston, het hom na bewering gebel en versoek om hom by sy plaas se hoofhek te ontmoet. Von Johnston het na die hek gegaan en Ntimane saam met hom geneem.

“Die man het na bewering die twee daar doodgeskiet, waarna hy homself aan die polisie gaan oorgegee het. Hy het aangevoer dat die twee mans hom aangeval het,” het Sedibe gesê.

“Hy is in hegtenis geneem en sou Woensdag in die Barberton-landdroshof verskyn het. Hy is egter nie aangekla nie en die staat het besluit om die saak voorlopig terug te trek vir verdere ondersoek.” Die man is daarna vrygelaat.

Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is daar in dié stadium nie genoeg toelaatbare getuienis in die dossier om die saak op die hofrol te laat plaas nie.

Die polisie se ondersoek duur egter voort om die motief en omstandighede vas te stel wat tot Von Johnston en Ntimane se dood gelei het.

Heidi von Johnston, Luke se suster, het haar broer se afsterwe op Facebook betreur. Sy het Dinsdag teen 20:43 gesê haar broer is nege keer geskiet. Sy het ook ʼn foto van haar en haar broer gedeel wat drie maande gelede geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Hanlie Geyser ·

Is alle hierdie plaasmoorde nie ook ‘n geval van Zenophobia nie?

Cindy ·

Ek verstaan nie… hoekom as die man homself oor gegee het, het hulle hom vrygelaat? Hy het om dan mos self oor gegee?

Siek en sat ·

Jy rasionaliseer dit Cindy, daar is niks rasioneels oor enigiets wat in die land aangaan nie.

Daan ·

Cindy. Wat verstaan jy nie. Daar was na bewering ‘n aanval op ‘n persoon. Hy verdedig homself. Soos enige regdenkende mens gaan hy SAPS toe. Verduidelik die omstandighede. Wat kan ons nog met die huidige gebrekkige kennis verduidelik.

Niki ·

@Daan – lees die ander kommentaar op die blad dan sal jy miskien meer begrip hê hoekom Cindy (en ek) nie verstaan dat die verdagte vrygelaat is na hy die oorledene 9 keer geskiet het en homself oorgegee het aan die polisie waar hy erken het, dat hy die oorledene geskiet het.

Cherokee ·

Daan, wat verstaan jy nie? Soos enige regdenkende mens bevraagteken Cindy en Niki die 9 skote waarmee hy ‘een aanvaller’ skiet en daarna ‘n ander een.

Ella ·

Eerste keer wat ek hiervan hoor. Hoeveel word nog weggesteek? Wie is die buurman? Ons kan doen wat ons wil die goed gaan nie ophou nie. Innige simpatie vir beide mense se families.

Nettie ·

Vir wat dit werd is en AS Maroela Media my kommentaar sal plaas …….
@Daan – daar was “na bewering” ‘n aanval op die persoon wat hom gaan oorgee het – maar hoe de ongeluk skiet jy TWEE mense in selfverdediging en jag nege koeëls deur een van die twee. Selfverdediging, my alie!

Alida ·

Verregaande !!! Hy erken skuld op twee moorde gee homself oor maar word vrygelaat. Fikile moet dit asb verduidelik.

Sak ·

Verstaan nou glad nie. Die man het himself oorgegee. Luke is 9 keer geskiet. En NVG reken daar is nie genoegsame bewyse nie????? Nou hoe noe? Wie was die “ander buurman” dan?

marianne ·

WAT ‘n SINNELOSE MOORD!
Ek voel tog daar is iewers iets nie pluis nie. Waarom het Luke gery om die man by sy plaas hek te ontmoet. Hy mies ‘n voorgevoel gehad het omdat hy vir John saam geneem het.

Ek HAAT plaas moorde tog kan ek nie ophou wonder …. as boere meer ingestel sou wees op, hier is “MIS” laat ek eerder in die huis bly nie. Sal hulle nie Dan nog geleef het nie?

Werkers word as lokaas gebruik, boere moet begin dink, hardtop redeneer en nie net reageer nie.

AS EK DIT TOEGEPAS HET, WAS EK VANDAG NOG OP ONS PLAAS….

Help SATERDAG om 12:00 BID en era MAANDAG die 30ste SWART. Te he’ll met Satanisme en Halloween dis nie Suid Afrikaans nie.

ONS HET ‘n ERENSTIGE SAAK OM TE BEVEG. DANKIE AAN AL DIE BEKENDES EN ONBEKENDES WAT OPSTAAN EN Sê DIS NOU GENOEG.

Ek wens Meneer Donald Trumph sien of hoor ons moord krete en study die UN in en help ons OORLOG verklaar.

Oosie ·

Om iemand 9 keer te skiet is “over-kill”. Hoekom sou die buurman dit doen? Niks maak sin nie…

Anoniem ·

Nege skote om seker te maak hy het geen kans op lewe nie! Voorbedagte moord!

Wat de dinges? ·

So, laat ek mooi vertaan, hy skiet die twee mense, gee hom oor aan die polisie en erken hy het hulle geskiet en die polisie se daar is nie genoeg bewyse om ‘n saak te open nie??? Wat moet hy maak? Eers die polisie gaan roep sodat hulle hom sien skiet en hom dan arresteer? Ek is stomgeslaan.

Botterblommetjie ·

Baie slim van hom om hom dadelik oor te gee en die verklaring te maak van selfverdediging… dink daar gaan nou sulkes volg… Hy het die resultate gekry waarvoor hy gehoop het… Nege keer geskiet, defnitief selfverdediging…???!!! Hy het hulle gebel en hulle het hom gaan aanval daarvoor, maak sin.. veral die bejaarde plaasvoorman, hy was seker vreeslik bang….

Vra net ·

Hoe word n man vir moord aangekla en toe gesluit sonder dat n liggaam gevind is maar hierdie ou word vrygelaat met 2 liggame?

Leahim ·

Hierdie is weereens n bewys dat die polisie weet nie wat hulle doen nie .Die beskuldigde het die slagoffer na die hek genooi en toe daar doodgeskiet hy erken dit wat nou het hy die perfekte moord gepleeg of het die “geniusse” in blou vir lt Joe Kenda nodig om die logiese dinkwerk te doen ?

Karel ·

Ek wonder waar is die EFF en die ANC se betogers dan nou. ??

Anoniem ·

Beslis, die gebrek aan informasie staan uit in die artikel. Ons weet mos al hoe om tuasen die lyne te lees

9 times ·

9 keer skiet jy iemand en daar is nie bewyse om die man toe te sluit nie??? ek verstaan nie…..

marous ·

As daar nie getuienis was nie , hoekom is hy in die eerste plek toegesluit? Die polisie tree weereens buite hul bevoegdhede op!

Gerrie ·

NEGE KEER GESKIET . so much vir selfverdediging. JY lok mense uit hulle huise uit dan VAL HULLE JOU AAN? Wat se snert is dit? DIE MOORDENAAR HOORT IN DIE TRONK .. waar is die gemeenskap no? SAAK TERUGGETREK?? Liewe hemel maar ons regstelsel is SIEK. .. jy maak ‘n ou skrik wat op jou plaas kom STEEL deur hom in ‘n kis te druk jy word van POGING tot moord en ontvoering aangekla , jy skiet ‘n WIT man nege keer en sy swart voorman en JY KOM NIKS OOR NIE?? Dis ‘n lekker land hierdie ..

Alida ·

Dit is verregaande wat die wette in hierdie land bepaal. Wat keer hom om in die nag oor die grens te loop en NIEMAND kry hom weer nie.

praat onder korreksie ·

buurman wat homself gaan oorgee het, is n witman.

Buiteland moet weet ·

Versprei die nuus na die buiteland, ons moet hulp van die buiteland kry wanty die regering help ons nie.

Buiteland moet weet ·

Almal, versprei die nuus na die buiteland, ons moet hulp van die buiteland kry wanty die regering help ons nie.

Aitoggie ·

Was die boer nie met voorbedagderade hek toe gelok nie?? Daardie persoon het DALK dit beplan om die boer dood te skiet, Wel hyt dalk nie die werker ook saam met die boer verwag nie, toe moes hy die enigste getuie ook maar skiet??? Baaaie fishy!!

Piet ·

Die buurman wat gaan geskiet het is ‘n gevaar vir die samelewing. Dit sal aan die lig kom dat hulle ‘n vete gehad het voor hierdie voorval. As jy n persoon nege maal skiet dui dit op iets anders as n gewone moord. Die staat is mal om hierdie man los te laat, maar wat anders kan mens tog van idiote verwag?

Boetman ·

Hulle soek vir burgeroorlog. Wees versigtig, ons is hoogs opgelei

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.