Polisie krap kop oor drie se ‘wrede’ moord

Die motor se uitgebrande wrak. Foto: Verskaf / SAPD

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat drie mense Maandag “wreed” vermoor het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn man en ʼn vrou in hul 30’s is na bewering vroeër die dag deur onbekende verdagtes ontvoer terwyl hulle in hul Toyota Tazz in die omgewing van die Makonde-nedersetting buite Thohoyandou was.

“Daarna het die moordenaars hulle in die kattebak van hul voertuig ingeboender en na ʼn afgeleë gebied naby die Matiyani-nedersetting gery. Daar is hulle noodlottig gewond en in hul voertuig aan die brand gesteek. Hulle het onherkenbaar verbrand,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het ook op die liggaam van ʼn onbekende man ʼn paar meter van die toneel afgekom. Die man het verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad.

“Die motief agter die voorval is steeds onbekend, maar dit sal deur nadere ondersoek vasgestel word en die moordenaars sal aangekeer word,” het Ngoepe gesê.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die moorde ten sterkste veroordeel.

“Oortreders wat steeds besig is om dié barbaarse dade te pleeg word gewaarsku om hierdie sinnelose moorde op ons mense stop te sit. Daar is geen regverdigbare rede vir enigiemand om ʼn onskuldige lewe op so ʼn gruwelike manier te neem nie. Ons sal onverpoos werk om die verdagtes te soek en hulle aan die pen te laat ry,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vra net ·

Bring die doodstraf terug dan sal daar ander deuntjies gesing word. So maklik

Vra maar net ·

My vraag, as hulle dan niks van ‘n lewe dink nie, hoekom kan die doodstraf dan nie aan hul opgelê word nie? Hulle het iemand se lewe geneem, so hoekom word hulle gevrywaar van die doodstraf (wat mos nou nie meer van toepassing is nie) Maar kan ons dit nie maar terugbring nie????

Casper Labuschagne ·

Ek sou die eerste wees om te vra vir die herinstelling van die doodstraf. Maar, as ek kyk na die oneweredige strawwe wat vir soortgelyke oortredings toegeken word afhangend van die ras van die oortreder, dan is ek bevrees die waarskynlikheid bestaan dat hoofsaaklik lede van spesifieke minderhede die doodstraf sal kry.

Pieter ·

Casper ek stem saam en sit hierby nog die polisie se onbevoegdheid en die howe se dubbel standaarde dan het jy n geldige punt hier beet.

Theresa B ·

Bring die doodstraf terug, dan sal julle sien hierdie toedrag van sake sal afneem.

Oprah ·

Sinnelose moorde op ons mense, sluit dit ook boere in en oumense wat in stede afgemaai word?

snoefie ·

terwyl (wit) rassisme n groter oortreding as moordnis, sal moorde wreder en meer word.

Koos1 ·

En al die moorde en aanvalle op boere? Is dit dan nie wreed om vrouens met kookwater en strykysters te brand nie?
Die slagoffers in hierdie berig, is vermoor deur hulle te skiet en toe is hulle lyke verbrand. Dis ook wreed, maar moet alle moorde nie dalk as wreed bestempel word nie, of hang dit af van jou ras en geslag?

Riouna Martin ·

Ek se^ al lankal bring doodstraf terug vir moord, verkragting, en kindermishandeling. Dit sal dan BAIE beter gaan in SA

Bren ·

Die doodstraf is in 1995 ongrondwetlik verklaar; ons moet mense opvoed; en polisiëring moet verdubbel word; betaal die mense ook ordentlike salarisse! die doodstraf sal NOOIT weer terugkom nie; aanvaar dit.

Igloo ·

Natuurlik is ek ten gunste van die doodstraf vir moordenaars en kinderverkragters, maar soos julle almal self gesien het hoe inkonsekwent word strawwe in SA uitgedeel. Die doodskisouens kry 14 & 16 jaar en moordenaars van plaasboere kry 6 jaar, dit is AS hulle gevang word. Penny Sparrow kry R150 000 boete vir haar fb inskrywing, die student van Tuks moet ‘verskoning’ vra en in die ‘arm wit gemeenskap gaan werk’. Nou HOE dink julle gaan die doodstraf toegepas word? Die boere gaan hang as hulle hulleself verdedig het teen plaasaanvallers of plaasbesetters en die moordenaars van plaasboere gaan plase kry .. nee hoor . .. doodstraf in AFRIKA is iets anders as in Amerika. WIE is die regters in SA?

MAGDA ·

Ek stem 100 % saam met jou Igloo
Dit is regtig die waarheid. Daar gaan nie geregtigheid/regverdigheid geskied met die vonnis van dood straf nie want daar is te veel dubbele standaarde deesdae

Selfbeskikking ·

Die enigste manier om wet en orde terug te kry is via onderhandelings vir selfbeskikking.

Oujongvrou ·

Hierdie is nou nuwe plaag. Vermoor mense en verbrand hule dan in voertuig.

Andrew Muller ·

Ek wens ek kon net vir een dag die nuus in SA lees sonder enige geweldadige moord berigte . As mense nie verband word nie, word hulle gemartel vir ure. As hulle nie gemartel word nie, word die mans geskiet nadat hulle vrouens en dogters deur ‘n groep verkrag is voor hulle.

SA is seker die enigste land in die wereld waar mense se “bly jy’s okay, dit kon erger gewees het” as mense ‘n insident oorleef want ons raak nou al gewoond aan hierdie geweldadige aard van misdaad.

Ek begin verstaan hoekom al hoe meer jongmense hulsef in die buiteland gaan vestig.

Hennie ·

Die polisie krap kop oor alles, slegs 10% van alle moorde word opgelos.

Verrassing vir almal ·

Die doodstraf was net opgehef vir moordenaars en kriminele, nie vir slagoffers nie. Weens die kriminele se menseregte sal dit ook nie terugkom nie.

Sue ·

Die doodstraf sal tot ons eie klein volk se dood lei, dis die laaste ding wat ons regtig in SA wil he. Ongetegtigheid seevier teen die blankes in ons tyd, hier en nou. As mens kyk na al die vrede moorde op alle ander rassiges, veral hier in die noorde dan kan n mens nogal insien hoekom die Government nie plaasmoorde as n krisis sien nie. Hier is soveel moord en doodslag waarvan nie als die nuus haal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.