Polisie krap kop oor gru-ontdekking

Argieffoto

Byna ses maande nadat die liggaam van ʼn onbekende man gevind is waar dit in ʼn ou mynskag naby Welkom in die Vrystaat versteek was, kon die polisie steeds nie die identiteit van die oorledene vasstel nie.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam is reeds vroeg die oggend van 12 Januarie vanjaar ontdek. Die man se liggaam is in ʼn ongebruikte skag van ʼn ou myn gevind waar dit tussen voorafvervaardigde sementblaaie weggesteek was.

Volgens Thakeng is die persoon swart, ongeveer 1,7 m lank, baie skraal en vermoedelik ongeveer 30 jaar oud. Hy het ʼn swart baadjie, rooi gestreepte T-hemp en rooi broek aangehad toe hy gevind is, met ʼn swart rubberband om sy arm.

“Die liggaam is nog nie uitgeken nie en daarom word die man se familie versoek om na vore te kom en die liggaam by die Welkom-regeringslykshuis op te eis,” het Thakeng gesê.

Enige persoon met meer inligting word versoek om ao. Thabo Mkhethi by 057 391 296 of 082 857 6471 te skakel.

Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wonder net ·

Hoe werk dit dan, dat daardie oom wat vermis was, al begrawe was dejr staat terwyl sy kinders so na hom gesoek het.
Hoekom was daar nie ook berig eers dat hy gevind was om eers te probeer sy gesin te kry nie.

Gerhard ·

n Beter beskrywing van sy voorkoms sal ook help. Haarkleur, velkleur, ens.

Gert ·

Dis verfrissend om te sien dat die persoon se ras darem genoem word. Gewoonlik word net die lengte en die klere genoem, dan verwag hulle jy moet raai hoe die persoon gelyk het, want ras is glo nie polities korrek nie.

Cherokee ·

Maar Gert, daar is mense wat, selfs al is dit geskryf, steeds daarna vra.

Heksie ·

Swart bandjie om die arm, laat my terugdink aan doerie jare se mynwerkers wat sulke kleurde plastiek bandjies aan hul arms gedra het … Dalk was hy ‘n mynwerker.

Anne ·

Soos my man se op die band wat om sy arm gekry is word n nr gekry dis hoe hulle persoon kan uit ken. As hy werksaam was op die myn. So polisie kan daar volgens uitvind wie persoon is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.