Polisie krap kop oor liggaam op kleinhoewe

Argieffoto

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die raaiselagtige dood van ʼn 21-jarige man wie se liggaam Sondag op ʼn kleinhoewe in die Heidelberg-omgewing in Gauteng gevind is.

Sers. Lerato Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se liggaam is teen 12:10 naby die Suikerbosrand-natuurreservaat gevind waar dit aan ʼn kragtoring gehang het. Twee mans wat op dieselfde kleinhoewe woon het op die liggaam afgekom.

“Die oorledene se persoonlike besittings is by hom gevind, insluitend ʼn rugsak met klere en sy identiteitsdokument en studie-uitslae van die Tshwane Universiteit van Tegnologie daarin. Sy polshorlosie was ook nog aan sy arm,” het Mngomezulu gesê.

Sy het gesê die oorledene het kneusplekke aan sy kop gehad en daar was wonde en bloed aan albei sy hande. “Die polisie se ondersoek sal bepaal of die oorledene homself gehang het en of hy vermoor is.”

Mngomezulu het gesê die oorledene is van Katlehong afkomstig. Sy naasbestaandes is reeds in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.