ʼn Polisieondersoek is begin nadat die ontbinde liggaam van ʼn man Woensdagoggend agter ʼn huis in Potchefstroom, Noordwes, gevind is.
Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê iemand in die erf langsaan het omstreeks 09:00 van ʼn onaangename reuk bewus geword en ondersoek ingestel. Hy het toe op die lyk agter die bure se huis afgekom.
Volgens Moleko word vermoed dat die oorlede man in sy 30’s is. Daar is geen sigbare beserings aan sy liggaam nie. “Ons weet nie hoe lank die liggaam al daar gelê het nie. Daar woon tans niemand in die huis nie. Die liggaam kon dus lank daar gelê het sonder dat enigiemand dit agtergekom het,” het sy gesê.
“ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak en tyd van die man se dood vas te stel.” Moleko het gesê geen inligting oor die moontlike identiteit van die man is tans beskikbaar nie.
ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
En niemand het hom vermis aangegee nie?
Nee hoekom sal hulle want niemand gee om nie n lewe beteken vir die wat so moor NIKS!!!!
Eish…dinge lyk nie goed……….
So dit is ‘n lee huis en daar sal sodoende nie ‘n tuinwerker of ‘n leerder by betrokke wees nie. Die eienaar of die agent van die lee huis sal seker nou moet verduidelik wat soek die oorlede man daar want hyself sal nou nie die vrae kan antwoord nie.
Hy is dalk lankal dood en is net onlanga daar neergesit. Hoe sal mens weet.