Polisie krap steeds kop jare ná gru-vonds

Die gesig van die oorledene is deur die polisie se slagofferidentifiseringsentrum in die Wes-Kaap gerekonstrueer. (Grafika: Verskaf deur SAPD)

Die polisie in Welkom het die publiek se hulp versoek nadat hulle nog niks nader daaraan kon kom om die naasbestaandes op te spoor van ʼn man wie se oorskot agter ʼn vulstasie in dié Vrystaatse dorp gevind is nie.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is op 29 April 2015 in kennis gestel van menslike beendere wat in ʼn veld agter die vulstasie gevind is. Beamptes het die toneel besoek en die beendere is vir forensiese toetse geneem om die identiteit van die oorledene te probeer vasstel.

“Die beendere is dié van ʼn bruin man tussen 20 en 45 jaar oud en tussen 1,51 m en 1,62 m lank,” sê Thakeng. Die polisie se slagofferidentifiseringsentrum in die Wes-Kaap het die gesig van die oorledene gerekonstrueer in ʼn poging om naasbestaandes van die slagoffer op te spoor.

Enigiemand met meer inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om met AO Kevin Douglas by 057 391 6261 kontak te maak.

Die geregtelike doodsondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
PIETER

Nou wonder ek, as hulle net BEENDERE gekry het, hoe weet hulle dit was ‘n “bruin” man?

schaun

2015 saak en die polisie krap kop ,ek stel voor hulle kry fidelity guards se ondersoek span anders word hierdie saak nooit opgelos nie.

Karolis

Die raaiskoot tussen 20 en 45 verbaas my so effens.