Polisie kry gewonde man langs pad ná plaasaanval

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Slagoffer van ʼn plaasaanval het, nadat rowers hom geskiet en in ʼn bos agtergelaat het, tot by ʼn pad gekom waar polisiebeamptes hom aangetref en gehelp het.

Die man en sy vrou het Sondag omstreeks 20:00 ʼn geluid in hul huis op ʼn plaas enkele kilometer buite Patensie in die Oos-Kaap gehoor, en is oorrompel, sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.

ʼn Groep mans het hulle met vuurwapens aangehou en die huis geplunder.

“Die man is in sy voertuig gedwing en na OTM’s op Humansdorp en Jeffreysbaai geneem om geld te trek. Na bewering is die slagoffer na bosse buite Humansdorp geneem waar hy in die bolyf geskiet en daar gelos is,” sê Kinana.

“Hy kon sy weg tot by die pad vind, waar polisiebeamptes op patrollie hom gehelp het.”

Die beamptes het dadelik inligting oor die man se gesteelde voertuig onder ander polisiebeamptes versprei. Maandag omstreeks 05:00 het lede van die Cookhouse-polisie die wit Volkswagen Golf op die N10 opgemerk en dit voorgekeer.

Kruideniersware en ʼn plasma‑TV is in die voertuig gevind en die polisie het ook beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die drie insittendes, tussen 20 en 33 jaar oud, is in hegtenis geneem en word in die voorlopige ondersoek met die huisroof verbind. Hulle verskyn binnekort in die hof op aanklagte van onder meer gewapende roof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die wapens sal ook vir forensiese toetse gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

twaalfboor ·

My bloed KOOK. 20 jaar oud….. as die “struggle” nie sy rede is nie wat dan?

Chris dupreez ·

Hulle word aangehits deur n rooi hoofdeksel politikus wat dink die lewe skuld hom iets

Dup ·

Hulle almal struggle om by soveel as moontlik misdaad betrokke te raak.Miskien kan misdaad as n vak op skool aangebied word.

Waarnemer ·

Let wel….die volgende berig gaan wees…”vermeende plaas aanvallers kry borgtog weens n tekort aan bewys stukke”

Jacques ·

Miskien is dit tyd om op te hou kos kweekvir moordenaars, totdat hulle regering die boodskap kry….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.