Polisie kry groot hoeveelheid perlemoen

Die perlemoen waarop beslag gelê is  tussen Uniondale en Willowmore. Foto: SAPD

Die perlemoen waarop beslag gelê is tussen Uniondale en Willowmore. Foto: SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het vyf mans in hegtenis geneem en op ʼn vragmotor beslag gelê wat vier ton perlemoen vervoer het.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Sondag ʼn operasie op die R34 in Botrivier uitgevoer nadat inligting oor perlemoenstropers ontvang is. ʼn Swart Golf is kort ná middernag opgemerk en agternagesit. “Twee van die insittendes kon daarin slaag om te ontsnap toe die motor van die pad af getrek is terwyl die ander twee mans, in hul 30’s, in hegtenis geneem is.”

Volgens Traut is die vragmotor wat deur die verdagtes begelei is ook van die pad af getrek. Dié insittendes kon ook daarin slaag om te ontsnap. “Daar is op perlemoen van sowat vier ton ter waarde van R6 miljoen beslag gelê.”

Traut het gesê verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van nog drie verdagtes gelei. Die vyf verdagtes, tussen 25 en 45 jaar oud, sal binnekort in die Caledon-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van perlemoen.

Die blitspatrollie het intussen ook Sondag ʼn verdagte in hegtenis geneem tussen Uniondale en Willowmore nadat perlemoen ter waarde van R1,5 miljoen op ʼn bakkie gevind is. Die 26-jarige verdagte sal ook binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die stroopers stroop helder oor dag hulle is mak soos lammetjies vra my ek bly in die Helderberg omgewing dan bel jy die poliesie dan gebeer niks hulle werk almal saam .

Ludwig ·

Tien uit tien vir die manne wat die stropers vasvat. ‘n Mens wonder net wat word nou van al, daardie heerlike perlemoen. Dit kan tog nie as bewysstukke gehou word totdat die saak ééndag afgehandel word nie. Beland dit dalk almal op beamptes se etenstafels, of word dit aan restaurante verkoop en op dié manier ‘n geldjie ingesamel om te help stry teen die stropers? Ek dink die eerste moontlikheid is die naaste aan die waarheid. Is die ou gesegde van die deler is net so goed soos die steler, dan nie hier van krag nie?

Eliza-beth ·

So word ons natuur rot en kaal besteel en al word die skuldiges gevang, is dit te laat vir dit wat reeds uitgehaal is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.