Polisie kry talle gesteelde, gekaapte voertuie terug

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die KwaZulu-Natalse polisie het die afgelope week tydens ʼn voortgesette operasie altesaam 45 gesteelde of gekaapte voertuie in die provinsie teruggekry.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die spesiale operasie het op 27 Junie begin en teen 7 Julie is op dié voertuie, ter waarde van R3,5 miljoen, beslag gelê.

“Een persoon is tydens die operasie in hegtenis geneem en meer inhegtenisnemings word verwag soos wat die ondersoek vorder,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane is daar tydens die operasie gevind dat daar met verskeie voertuie “gepeuter” is of dat hul reeksnommers verander is en deur ʼn sindikaat weer op die eNatis-stelsel geregistreer is.

“Die voertuie is daarna aan die publiek te koop aangebied. Mense moet uiters versigtig wees wanneer hulle voertuie by private verkopers koop wat op verskeie mediaplatforms adverteer.”

Zwane het die publiek gewaarsku om op hul hoede te wees en het die publiek verseker dat die polisie nie enige tarief van motoriste hef as hul voertuie by die polisie se stoorgeriewe gehou word  nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andréas ·

Baie geluk aan die SAPD met hul susksesse in KZN wat die afgelope tyd gereeld Maroelanuus haal. Sou egter hierin “Provincial government assurance” wou sien ten einde te bepaal of dit roetine teen-misdaad operasies is of slegs nuwe dryf ter bevordering van “tuisparty” politieke steun onder “weerlose” kiesers.

Chris duPreez ·

Dit is nie net privaat kopies nie, my seun het n Ranger Montana bakkie by Varnfield en Maritz motors in Pta Noord gekoop en hom 18 maande gery toe die polisie hom by Villiers tolhek gestop het en beslag gelè het op die voertuig. Hy het Omtrent R80000 verloor agv dit en Basil Varnfield het omtrent R47000 in sy sak gesteek. So mens moet maar versigtig wees al koop jy enige pkek n voertuig

Johann Marx ·

Chris, ek het dieselfde stel afgetrap met Eagle Auctioneers. Isuzu bakkie by hulle gekoop….nie op veiling nie, die bakkie was in hulle naam geregsistreer….2 jaar met hom gery, toe daar ‘n Polisieman van Vereeniging by my deur opdaag, en my op my voertuig beslag lê. Ek was onlangs in Mosambiek…….die gesteelde Suid Afrika voertuie staan die wêreld vol…oop en bloot. Het in ‘n shack ‘n splinternuwe Harley Davidson gesien…wat NIE tot daar gery is nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.