Polisie kry voertuig terug ná kaping

poloVinnige optrede deur beamptes van die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion, Gauteng, het daartoe gelei dat ʼn 25-jarige vrou van die omgewing se voertuig vinnig opgespoor is ná sy Donderdagaand daar gekaap is.

Die voorval het omstreeks 18:50 in The Reeds plaasgevind. Die kapers het ʼn vuurwapen op haar gerig en haar Volkswagen Polo met haar handsak, beursie, selfoon en iPad daarin gesteel. Sy is geskok, maar ongedeerd langs die pad gelos.

Polisiebeamptes van die stasie het gepoog om die voertuig met behulp van ʼn sporingstoestel op die iPad op te spoor, maar die toestel se battery was pap en die beamptes moes ʼn ander plan maak.

Een van die beamptes het aan Maroela Media gesê hulle weet al uit ondervinding dat baie Polo-voertuie gekaap word, en die meeste kapers neem dié voertuie na Tembisa, suid van Pretoria. “Ons het daar gaan patrollie doen en die voertuig verlate aangetref. Al die slagoffer se besittings is uit die voertuig verwyder,” het die beampte gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Kapingsaak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jerris ·

Dis darem lekker om te lees dat daar nog polisie beamptes is wat hulle werk doen, Knap gedaan!

LAnie ·

Ek het nog net goeie dinge v d Wierda brug Polisiestasie gehoor. Dankie vir die manne in blou wat daar werk !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.