Polisie kyk glo hoe plakkers gebou beset

Die Goedehoop-kompleks in Brooklyn (Fotp: Communicare.co.za)

Daar heers groot kommer oor die polisie wat glo die afgelope naweek gestaan en toekyk het hoe die Goedehoop-kompleks in Brooklyn, Kaapstad, onder “georganiseerde kaping” deurgeloop het.

Volgens die verhuringsorganisasie wat dié kompleks besit, Communicare, is 24 van hul maatskaplike huurwoonstelle in dié kompleks Vrydagaand onwettig beset. Die “georganiseerde kaping” is glo gelei deur twee huurders wat by ander eiendomme van dié verhuringsorganisasie huur. Volgens die organisasie was die polisie op die toneel, maar het nie by die besetting ingegryp nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die Maitland-polisie het omstreeks 19:50 ʼn klag van die Goedehoop-kompleks gekry.

“Polisiebeamptes het met veiligheidswagte en mense op die perseel gepraat,” bevestig Van Wyk. “Sake van onregmatige betreding en kwaadwillige beskadiging van eiendom is aanhangig gemaak.”

Van Wyk sê die ondersoek duur voort en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Volgens Communicare het die polisie hulle aangeraai om ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Besetting (PIE) by die howe aansoek te doen om die onwettige besetting te hanteer, ondanks die teenwoordigheid van polisie ten tyde van die kaping.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê egter die nasionale ramptoestand beperk tans die vermoë van howe om uitsettingsbevele toe te staan. “Dit sal bydra tot Communicare se uitdaging om die onregverdigheid van die geboukaping te hanteer,” sê Plato.

Communicare sukkel al sedert die begin van die jaar met onwettige besetters by die Goedehoop-kompleks. Volgens die organisasie het ʼn groep besetters Dinsdag (2 Maart) 18 woonstelle in die kompleks op gewelddadige wyse betree en onwettig beset.

“Oortreders het koevoete gebruik om die woonstelle te betree. Hierdie woonstelle was pas voorberei vir nuwe huurders om in te trek,” sê die organisasie. “Van die besetters was vroue en kinders.”

Communicare beklemtoon dat die besettings elke keer erg traumaties vir die huurders is.

Plato sê daar moet gevolge vir dié onwettige besetting wees ten einde ʼn stokkie daarvoor te steek. Hy is ook baie bekommerd daaroor dat die polisie glo bloot toegekyk het toe die georganiseerde kaping van dié maatskaplike behuisingskompleks plaasgevind het.

Plato het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om die regulasies dringend te verander ter wille van die oppergesag van die reg, die algehele beswil van ons gemeenskappe en die ontwikkelingsdoelstellings van die land se stede.

Dié spesifieke eiendom is vir die eerste keer in Maart 2017 gekaap, ná die aankondiging van die regering se planne om die eiendomme in maatskaplike behuising te omskep. Toe het die geregtigheidsgroep Ndifuna Ukwazi ʼn georganiseerde kaping uitgevoer onder sy veldtog “Reclaim the City”.

“Die giftige nalatenskap van hierdie onwettige besettingsveldtog het ʼn groot struikelblok geword vir maatskaplike behuising op twee goed geleë terreine in Kaapstad.”

Volgens Plato was die styl van vorige georganiseerde kapings soortgelyk aan die jongste Communicare-voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Baardman ·

Direkte gevolg van onteiening sonder vergoeding beleid. Zim 2 in die wording, tensy daar drasties opgetree word

Elsje ·

Dit gaan te lekker in SA, wetloos. Maak soos in Portugal en sloop die gebou.

Pierre ·

Ek kan werklik nie verstaan hoe die ramp toestand krimele aktiwiteit “wettig” nie.

Faraway ·

Dinge gaan al hoe meer word soos dit was in die dae van Noag . . . goddeloos!

Phillip ·

Se net weer dis hoe grond gryping sonder vergoeding gaan wees dis maar net n voor smaakie vir almal van ons

Tino ·

Laat hulle maar die plek afbrand en dan eis van die versekering en bou ‘n nuwe een oor

JM ·

Anargie en chaos. Só funksioneer Suid-Afrika onder die ANC-regering.

Misky ·

Wie gaan nou al die skade moet dra? Kriminele mos meer regte in die land van ons

Elize ·

Polisie= ANC
Kaap= DA

Sluit die polisielede toe. Hulle handhaaf nie die wet nie.

Linx ·

Haai regtig,so d feit dat d government hierie “mensregte snaakse goed wette”beslis het word ni hier in ag geneem ni,dink j regtig al d polisie sou niks gedoen het as hul kon ni,dt is glad ni so maklik om die wette t handhaaf omdat n buite mens voel dit moet gedoen word soos hy/sy glo nie,daar is reels tot als,daar is n wet vir elke liewe simple ding wat daagliks gebeur,al die polisie issi so sleg soos almal dink ni,ons almal werk vir n baas en ek gaan netsoos daardie polisie ni my werk in gedrang stel ni wnt glo my as daardie besetters uitgesit was so dt n grooter bohaai wees,d mense wie d wette maak moet d gemors ook skoonmaak

Anoniem ·

Ek hoop jy stem ook saam indien mense voortaan self onwettige besetters gaan verwyder.

Linx ·

As j d government se laste op jo wil dra by all means maak so maar ek gani tronk toe vi n ander aunty se kind ni,stel vijo n span op en smyt hlle yt,neem net in ag d wet is teen jo.D government ht d monster create so net hlle weet hoe om dt t stop…..sterkte

Danie ·

Ons land is stukkend. Die laaste bloed word uit die klip gewurg en as daardie klip nie meer kan bloei nie, word hy stukkend gekap. Ons is op ons kniee van moedeloosheid, ons weet nie meer al dag watter kant toe nie. Die bitter, die ellende, die vermetelheid en die kanker wat ons elke dag stukkie vir stukkie op eet het al so deel van ons elke dag lewe geraak, ons sug net en gaan aan. Ons is moeg.

andre ·

Die probleem is nie die besetters nie !Die polisie en wetstoepassing wat staan ek kyk hoe die wet oortree word ,is die werklike probleem

Anoniem ·

Die probleem IS die besetters, hulle doen dit onwettig en hulle weet goed watter hengse proses dit is om hulle daar uit te kry.

Erika ·

Dit is nou Die Norm Sekeres kan nou net instap en vat ( without being Acountable) Terwyl “Reg en Geregtigheid” Die situasie eenvoudig dophou…
Want die Government was adamant oor Onteining sonder vergoeding en het dit duidelik gestel wat verwag word van” sy mense”..

Genis ·

Wat mens te bowe kom is die feit dat die meeste besetters uitlanders is… Gaan probeer jy dit in hulle land… SAPD jammer om te se, julle het nie n goeie naam of goeie gesig nie… Wat nog om wet en orde te handhaaf? Ook maar korrup tot teen die been…

LANA is ELANè ·

Hoe meer anargie hoe beter vir die regering, die SAPD het ‘n vrypas rakende die tipe goed oor waar hulle moet intree en waar nie. Dit is ‘n klug, dit is al wat ek weet, hierdie tipe misdaad word vlg my beskeie mening goedgekeur deur ons regering.

Kokerboom ·

Hoekom is Polisie so verdomp pateties? Hul dra direk by tot groei van wetteloosheid deur apaties te staan!!!Nee magtig man dit kan NIE so aangaan!!!

Blikkies ·

Van Wanneer af is betreding en kwaadwillige saakbeskadiging nie meer n klagte waarop die SAPS hoef te reageer nie? Klink stupid maar hulle kan maar die Polisie toemaak….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.