Polisie laat gaan twee ná Drotske-aanval

Naka Drostke wys in sy hospitaalbed alles gaan oukei wees. Foto: Facebook

Die Gautengse polisie het die twee mense wat hulle ondervra het ná die aanval op die oud-Springbok Naka Drotske en sy familie laat gaan.

Kapt. Kay Makhubela, Gauteng-polisiewoordvoerder, het Sondagmiddag by navraag aan Maroela Media gesê daar is geen sprake dat enigiemand in verband met die aanval op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos, in die noorde van Pretoria, in hegtenis geneem is nie.

“Ons het twee mense in verband met die voorval ondervra,” sê hy, “maar hulle Vrydagaand reeds laat gaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Drotske het by sy broer, Tinus Drotske, gekuier toe minstens drie onbekende aanvallers omstreeks 22:00 Donderdag toegang tot die huis verkry het.

“’n Struweling het ontstaan en [Drotske] is geskiet,” het Makhubela Vrydag aan Maroela Media gesê. “Die aanvallers het op die vlug geslaan. Sake van poging tot moord en poging tot roof word ondersoek.”

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, was Vrydagoggend op die toneel waar die voorval gebeur het. “Naka, Os du Randt, Tinus en Tinus se vriendin [Nadia Duvenage Jooste] het glo hier op die kleinhoewe gebraai. Hulle was net besig om al die deure toe te sluit vir die aand toe die aanvallers toegeslaan het.”

Hy het gesê dit is duidelik op die stoep buite die huis dat daar ʼn struweling plaasgevind het. “Naka is twee keer in die bolyf en een keer in die been geskiet.”

Drotske is in die waakeenheid van die Netcare Montana-hospitaal opgeneem, waar hy goed aansterk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Brutus ·

Hoop die skurke word vinnig aangekeer en vir lank toegesluit. Sterkte aan Naka.

jaco ·

as jy wit is, pas jouself BAIE GOED op. wees GEDURIG paraat en op die uitkyk. MOENIE fokus verloor nie. die teendeel is te erg om aan te dink. die SAPD gaan eenvoudig glad nie help nie en ‘n ongeërgde houding hê van “well it serves you right just because you are white”.

Cuda ·

Sterkte Naka. Haal my hoed vir jou af. Sterke ook aan jou gesin en familie wat die skok moet verwerk.

Ria N ·

So bly Naka is okay…maar mense gaan aan asof hy ñ hero is…Hy was in ñ plaas aanval…nie op die rugby veld nie…

Cherokee ·

LOL Ria, ek geniet dit wanneer iemand ‘n glimlag by ‘n ernstige gesprek kan bring.

Ian ·

Ria. Woorde ontgaan my eintlik. Bou nou ‘n nasie met so iemand…Of nie…

Nee, glad nie.

Helene ·

Ria jou kommentaar is absoluut onnodig. Ons wittes sal in ‘n honderd jaar nooit saamstaan nie. Slapgat!!

lulu ·

Ria
jy verstaan nie lekker nie
Naka was al in die meeste van ons se sitkamer
op tv met sy stunning rugby wat hy gespeel het
So meeste van ons ken hom
dalk kyk jy nie rugby nie so sjjjjtttt maar bietjie
vir meeste van ons is hy n hero want hy het n aanval oorleef wat tog vir die res van sy lewe n inpak op sy toekoms gaan wees
kom kyk vlg keer saam my rugby dan vertel ek jou bietjie daarvan

Patat ·

Wonder nou net waar word d streep gertrek. Wat gaan van ons word? Waar gaan dit eindig? Ons vra net regverdigheid. Dat ons GEHOOR word.

Wouter ·

Dr van Biljon was nou by Naka! Hy is so tevrede met sy vordering! Sy bloeddruk nog laag en gaan nog bloed kry maar verder is hy 100%! Dr het hom toestemming gegee om sy laptop by hom te he want hy voel hy moet sy brein besig. Sy regterarm/elmboog word Dinsdag geopereer en glo ons sal teen Donderdag/Vrydag uit die hospitaal wees! Wil vir elke boodskap, oproep en aanbied van hulp uit ons harte dankie se! Julle gebede het ons gedra en Naka sit nou al in sy stoel en koerant lees! Dit is soos n wonderwerk!!! Waardeer julle elke liewe een!!!! Liefde Naka en Marzanne

Cheryl ·

Baie goeie nuus, so bly dit gaan beter met hom – Sterkte vir die pad vorentoe

jaco ·

as jy wit is in hierdie anti-wit land, kom dan weg as jy kan. as dit nie kan gebeur nie, wees UITERS PARAAT ten alle tye. sluit alles, hou jou oë oop, kyk rondom jou. MOENIE ywer verloor nie.
die teendeel van bogenoemde paraatheid is apatie van die SAPD wat jou nie gaan help nie, maar gaan kom met ‘n ongeërgde houding van “serves you right just because you are white”.

Julia ·

Ek wonder maar net: Hoekom word misdadigers en sekere geval (Soos met die hoofsweep in OosKaap) so vinnig gevang, maar in ander gevalle soos plaasmoorde nooit? Iemand dalk n antwoord vir n dom mens?

Wouter ·

Ria hy is n Hero. Hy het met sy optrese die lewe van al die ander wat saam grbraai het gered. Hy het nie aan homself gedink en wat met hom kan gebeur nie. Hy het sy eie lewe op die spel geplaas rn dit maak van hom n held. My held.

Johan ·

Plaas die 3 bekendis met hul wapens gesit en kuier het . Dan was Naka meskien nie im hospitaal nie .mense dra jul wapens .word wakker

Hannes ·

Ongewapen….slegs genade dat hul oorleef het….egter nou deel van misdaad-statistiek….Mag fisiese asook emosionele wonde spoedig genees!

Quinton vannie Kaap ·

Eks so bly Naka is oraait, wat ek gelees het die naweek is dat dit nie die eerste keer dat hulle prober om die plaas aan te val nie. Ek’s u bruin man van die kaap en voel ons plaas boere moet regtig as dit moontlik is hulle eie veiligheid be-oefen. Kry terug die plaas koemandoes die patrollies, ek weet nie, want om op die SAPD staat te maak, sal dom wees. Ek hoop regtig die gemeenskap op die land se plase kan iets uitwerk om die plaasaanvalle te stuit. Here seen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.