Polisie ‘laks’ om plaasmoordenaar vas te trek

Johan Coetzee. Foto: Verskaf

Johan Coetzee. Foto: Verskaf

Die dogter van Johan Coetzee, ʼn boer wat in Mei vanjaar wreed op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor is, het gesê die polisie is opsetlik laks om haar pa se moordenaar vas te trek.

Maroela Media het vroeër berig Coetzee (62) se liggaam is deur een van sy dogters, Riëtte Atkins, die middag in die varkhok op sy plaas aangetref, nadat sy hom nie in die hande kon kry nie. Hy is vermoedelik met ʼn graaf doodgeslaan.

Coetzee se kluis was met ʼn slypmasjien oopgesny en ʼn werker se paspoort en Coetzee se vuurwapen is gesteel. Sy twee selfone is ook gesteel.

Atkins het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie sloer sedertdien met die ondersoek en maak geen daadwerklike plan om haar pa se moordenaar vas te trek nie.

“Ons is vas oortuig dit is die werker wat by my pa gewerk en ook op die plaas gebly het, wat agter sy moord sit,” het sy gesê. “Een van die huurders wat ook op die plaas gebly het, het hom [die werker] nog daardie oggend by die varkhok gesien. Sedert die moord het hy en sy vrou verdwyn.”

ʼn Polisieverslag wat in Maroela Media se besit is, dui ook aan dat die werker die enigste verdagte in die moordsaak is.

Atkins vertel dat sy gereeld sedert haar pa se moord sy selfoon skakel. Die foon is deur die loop van die dag afgeskakel, maar lui wel ná 18:00.

“Die polisie het ‘n dag ná die moord die selfoon opgespoor by ʼn adres in Musina, maar weke geneem om uiteindelik daarheen te ry. Hulle het teruggekom en bloot gesê daar bestaan nie so ʼn adres nie,” het sy gesê.

“Een aand in Augustus, toe ek my pa se foon skakel, het die foon weer eens net gelui. Ek het ’n SMS gestuur om te sê dat ek na hom soek. Ná ‘n ruk het iemand my van my pa se selfoon af gebel, maar vinnig doodgedruk voordat ek kon antwoord. ʼn Minuut daarna het die man my van ʼn ander nommer gebel,” het sy bygevoeg.

“Ek het vir hom gesê ek werk vir ʼn werwingsagentskap en het werk vir hom. Ek het die nommer toe op my foon gestoor en kon op die persoon se WhatsApp-profiel sien dat dit wel die werker is wat vir my pa gewerk het.  Ek het hierdie nommer en die foto op sy WhatsApp vergroot en uitgedruk en vir die polisie geneem. Ek het vir hulle gesê: ‘Hier is die moordenaar, julle kan hom in hegtenis gaan neem’. Maar hulle het niks daaraan gedoen nie.”

Sy vertel dat een van die polisiebeamptes gesê het sy moet probeer om die man te kry om haar êrens te ontmoet en dan moet sy die polisie bel om hom in hegtenis te kom neem. “So, die polisie gebruik my nou om ʼn lokval vir ʼn moordenaar te stel? Hy het my pa se vuurwapen gesteel, so hy sal waarskynlik die vuurwapen by hom hê. Wat as hy my skiet? Gee die polisie nie om vir my veiligheid nie?” het sy ontsteld bygevoeg.

Volgens Atkins het die speurder wat aanvanklik aan die hoof van die moordsaak was, intussen bedank. Die dossier is ook nog nie amptelik aan iemand anders oorhandig nie. Dit maak dit vir haar nog moeiliker om navrae by die polisie beantwoord te kry. Sy beweer ook dat dit byna onmoontlik is om die bevelvoerder van die betrokke stasie in die hande te kry en dat haar vrae oor die saak meestal onbeantwoord bly.

Met Maroela Media se navraag aan die provinsiale polisiewoordvoerder het dit aan die lig gekom dat die saaknommer verkeerdelik as ʼn saak van roof geregistreer is wat dit bemoeilik om die vordering van die saak na te gaan.

Maroela Media wag nog op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Daan ·

Ja, hulle vermy dit om misdadiger te vang want dis swartmense en hulle kaders. More skiet hy n poliesman en dan tjank almal en wil hulle weer wettige wapens afneem. As die polisie net n slag wil leer om misdadigers te vang en op te hou om mense wat misdadigers te na kom te vervolg sal ons land ook n beter plek word.

Lorna ·

Sorry jy is wit en al gee jy die moordenaar op n skinkbord vir die sapd gaan hy net weer uitkom want daar gaan nie genoeg bewyse wees nie kry die boeremag en gee hom vir hulle al manier om geregtigheid te laat geskied jammer maar as onself nie iets doen nie gaan die regering dit nie doen nie

magda davel ·

Dit is weereens ‘n bewys hoe onbevoeg die meeste van die SAPD se lede is, Daar is heelwat bekwame mense wat in die poste aangestel moet word, maar nou word die grootste korrupte skelm mense met geen kennis a.g.v regstellende aksie aangestel. Ons regstelsel sal nie regkom voordat dit skoon gevee word en soos in die ou dae beman word deur opgeleide bevoegde mense. Ek kan verstaan hoe gefrustreed hierdie arme familie moet wees. Sterkte hoop die skuldige word opgespoor en gepas gestraf word.

AANGEVAL ·

Ek is in die presiese bootjie, is ook aangeval en vir die dood gelos, het photos en inligting deur gegee polisie, my aanvaller het my self gewhatsapp na die aanval en die polisie doen absoluut niks nie, dis a jaar en a half later en ek is die een wat in vrees leef, hy weet waar ek bly, betrokke persoon gaan aan met sy lewe a kilometer van my af, dit help nie eers jy neem dit op met die minister en kommisarre en wie weet nog nie, hulle voel absoluut bokkerol.

Flippie ·

Ek is nou al vier keer deur swart mense op my plaas aangeval. Daar is vier dosiere geopen om die aanvalle te te ondersoek. In die een geval was die polisie op die plaas terwyl die aanvallers nog daar was en besig was om te plunder. Hulle het geweier om die persone in hegtenis te neem. Nie een van die sake wat aanhangig gemaak is word ondersoek nie.

Hulle soek my grond. Rede is ; Wit mense mag nie grond besit nie en moet van die grond af geterroriseer word. Die polisie veskaf aktiewe hulp aan hierdie mense deur nie aangemelde sake te ondersoek nie, MAAR wel baie entoesiasties vals klagtes teen wittes op te neem en te verwys vir vevolging. Dit natuurlik met die wete dat dit honderde duisende Rande kos om jouself te verdedig in vandag se howe wat wemel van aanklaers en magistrate wat Witmense met ‘n passie haat, veral as dit Afrikaanse wittes is.

Daar is nie manier dat jy van Iewers “bo” hulp gaan kry nie. Jy kan net reken op hulp van “Bo”, dis al. Ek het al beide probeer.

Realiteit ·

Riëtte julle het profesionele hulp nodig.
N polisie stasie of n speurafdeling is nie jou antwoord nie, daar moet druk van bo af kom en dit gebeur net as jy die regte invloed kan sneller. Kry n goeie prok en plaas druk met al jou feitlike bewyse wat deur graad R leerders verstaan word. Klop aan Afriforum se deur, die Openbare Beskermer en die Provinsiale kantoor. Dit gaan n tydsame proses wees.
Kry vir jou n nota boek en skryf al die gebeure dag en datum van verloop van aktiwiteite. Moenie jou naam te openbaar nie want die blik… is na 15jaar tops weer op straat. Baie sterkte met jou miesie. Verspry SAP se onbevoegtheid op elke media platform !

Johann Marx ·

Realiteit is reg. Kry ook die Menseregte Kommissie om jou saak te registreer, asook jou GPF (dis eintlik hulle werk om te kyk dat die SAPD hulle werk doen!!). Begin onmiddelik om hierdie situasie onophoudelik aan die Nasionale Kommissaris te stuur, ek betrek jou plaaslike sowel as streeks sowel as nasionala media. Moet net nooit opgee nie…

Winston ·

Johann jy praat my taal. Dankie. Die bestuur van die land word weerspieël deur die polisiemag.

Anny Penny ·

Maroel media ek hoop regtig julle kan twv hierdie mense iets gedoen kry. Sterkte aan al die betrokkenes

Piet ·

Nee wat julle mors jul tyd. Ons het so n saak maar laat vaar na 10 jaar se tydmors. Daar sal niks van kom nie.

Johann ·

Hoe op aarde word ‘n saak van moord as roof registreer? Geen wonder daar is nie vordering nie. Sterkte aan al die geliefdes.

frans ·

Dis maklik die police verstaan ni die verskul tusen moord en roof nie met standerd 6 vir n presedent wat kan n mens meer verwag die wiskunde is ma min

Avril - Pta Noord ·

Hi Frans, net n regstelling op jou stellung van Jaco Zuma se std 6. Op die ANC se webwerf (Zoema se profiel). Ou stortkop het GEEN amptelike en / of formel onderwys ondergaan NIE. Apartheid se skuld. Gaan lees dit gerus.

Winston ·

Dis eintlik maklik. Vra die Skerpioene om jou te help. Hulle is uit om die polisie se neuse in die grond te vryf.

M A ·

Stig ‘n klein groepie mense! Wat ‘n grap on te dink blankes sal saamwerk. Ek het sopas ‘n boodskap van ons Buurtwag ontvang wat sê ons grondpad sal nie meer gepatroleer word nie “as gevolg van ondankbaarheid en beskuldigings”.

pieter ·

M A , watse speletjie speel die bure met mekaar as hul nie bereid is om mekaar se paaie te patroleer nie? Ons moenie staat maak op buur patrollies nie, daar sal meer gedoen moet word. Jy is reg, wittes het nog nooit saamgestaan nie. Die punt is net, hoe meer mense op een plek bly, hoe moeiliker maak dit vir die moordenaars om hul planne uit te voer. Die wittes wil begin saam staan, veral die “victoms” of die wat waarlik ‘n verskil wil maak en dit gaan niks van iemand vat om ‘n voorstel in te stel om mense wat als verloor het, ‘n paar putte te gee, klein hout huisie en self die grond dag en nag te patrolleer nie. Wil die buurtwag ‘n medalie he vir hul samewerking? Mense is nie ontevrede nie, mense is siek vir selfsugtigheid en besef die tye het verander en ons moet weer die tegnieke van die groot trek aan neem waar mense in groepe ‘n samelewing maak. Maar plaas eienaars is nie almal vol boere nie, en is afkomstig van die britse kolonies. Die nuwe boere is chinese wat plase oorkoop..maak dit boere van hulle? Nee, dit doen nie.

Brett ·

Snaaks – Genl Nathan Bedford Forrest is ook gekonfronteer met ‘n situasie soos die….

Flippie ·

Die polisie sal nie hulle handlangers uitlewer nie. Die r*g*r”ng gebruik opgeleide uitlanders om blankes te terroriseer en gebruik saps om hulle van vervolging te vrywaar.

Brett ·

Maak tog ‘n bietjie van ‘n belegging in julle honde en dan in hulle opleiding sodat jy omring sal wees van ‘n getroue wag wat iemand kan neersit!

Bach ·

Riette ondersteun Afriforum en vra hulle om jou te help. Glo my dit werk!

Flippie ·

Ek kan van ondervinding praat Dit week nie. Net hoë profiel sake is word oorweeg.

Jef ·

Erens in ons lewe het daar iets fout gegaan wat nou die gevolg is dat ons blankes nie meer saam staan nie daar is beskuldeginge oor en weer,dis net asof daar n soort apartheid heers onder ons blankes en ja ek weet ook daar moet nou iets gedoen word aan al die moorde in SA maar baie mense wil iets doen maar kom later agter dat hulle tog maar aleen staan.
Dis nie n one man battle nie onthou eendracht maakt macht.

RSA ·

Jef, die blankes is te bang om saam te staan,omdat daar te veel veraaiers nog onder ons blanke volk is. Doen ons iets om saam te staan, word ons vinnig ge-“label” as rassiste, en word ons
uitgewys as nog n boeremag

Nico ·

Ek wil net weet……1)waarom hoor ons net van plaasmoorde van julle af (dankie daarvoor 2) waarom kan ons “niks” daaraan doen nie. 3) waarom kan ons nie as daar so op ons gemoor,gemartel,beroof,verkrag,gediskrimineer ens word nie…aanspraak maak om ons eie beskermings mag op die been te bring met dieslefde magte as die polisie nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.