Polisie las soektog af na vermiste Pta-man

Leon Serfontein

Leon Serfontein

Die Garsfontein-polisie in Pretoria het sy soektog afgelas na Leon Serfontein (30), eienaar van ʼn tuinontwerp-onderneming, wat Dinsdagoggend in raaiselagtige omstandighede verdwyn het, al is hy nog nie gevind nie.

Maroela Media het vroeër berig Serfontein is Dinsdag die laaste keer om 09:00 by ʼn kitsbank by Moreleta Plaza in die ooste van die stad gesien waar hy geld getrek het, vermoedelik om lone te betaal. Hy het daarheen gestap, aangesien hy binne loopafstand van die winkel bly. ʼn Veiligheidswag by die bank het bevestig Serfontein het geld by die kitsbank onttrek. Hy het ook gesê twee mans het hom glo daarna agtervolg.

Daniel du Bruyn (24), Serfontein se vriend, het hom Dinsdag as vermis aangemeld by die polisie nadat Serfontein nie by die huis opgedaag het nie. Albei sy voertuie was steeds daar, albei sy selfone was afgeskakel en al sy persoonlike besittings, buiten sy beursie, was ook nog by die huis.

“Ons het by nadere ondersoek Donderdag vasgestel hy het ʼn buskaartjie onder ʼn vals naam na Port Elizabeth bespreek. Beeldmateriaal by die Pretoria-stasie wys hy was om 14:30 daar om die bus te haal,” het Du Bruyn Vrydag aan Maroela Media gesê.

Met dié inligting het die ondersoekbeampte besluit om die saak te sluit. Ao. Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisiestasie, het dit bevestig.

“Leon het nog gladnie met my of sy familie in verbinding getree nie, dus is hy vir ons nog vermis. Ons is steeds baie bekommerd oor hom en weet nie waarom hy nog nie met iemand kontak gemaak het nie. Dit was dalk ʼn impulsiewe besluit, maar ons smeek hom om net met iemand in verbinding te tree sodat ons weet hy is veilig.”

Du Bruyn het gesê noudat die saak gesluit is, is hul hande afgekap en hulle hoop Serfontein sal hulle kontak of die publiek sal hulle laat weet as iemand Serfontein gewaar.

“Ek en sy suster sal nie ophou soek totdat ons hom kry nie,” het hy gesê. Mense wat Serfontein sien, word versoek om Du Bruyn by 082 267 3013 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

m ·

Snaakse storie hierdie. Wat het hy nou gedink. Almal is vrek bekommerd oor hom.

MCD ·

Hoekom almal jul oor jou laat bekommer die publiek vra vir hulp en dan klim jy op n bus en vat die pad! Manup man en se waar jy gaan en wat jou probleem is, sort jou nonsens by die huis uit! Daar is vandag mense wat geliefdes begrawe wat nie n keuse gehad het of hul wil lewe of wil dood gaan, maar ons Liewe Heer het hul wel komhaal! More trou n vrou wat haar Pa op 12 verloor het weens kanker, hy het nie n keuse gehad en is kom haal, sy sal hom so graag by haar wou gehad het al was dit net vir n sekond! Mense met groter probleme as joune!!

Eliza-beth ·

MCD – stem 100% met jou saam. Om so almal se tyd te mors met ‘n gesoek -regtig kinderagtig. Daar is altyd ander wat meer probleme het as jyself en om so op te tree soos hierdie mannetjie is onverantwoordelik en lyk na aandag soek.

Gesiggie ·

Mense verdwyn om weg te hardloop van hul probleme? Leon as jy n probleem het… hoekom net verdwyn? wat steek jy weg” Intussen moet jou Familie en Vriende hul bekommerd oor jou? En nou vir wat onder n vals naam n buskaartjie koop”’ Face jou probleme, praat met iemand, of laat weet jou Familie… jy is ok” Wees n man en nie n lafaard” terwille van jou mense wat omgee. Hoop jy word gou opgespoor”

Theresa ·

Hokaai bietjie!!! wie sê dis hy wat die kaartjie bespreek het???? Die statistiek is baie hoog van mense wat in ons dierbare landjie gesteel word. Wag met die vinnige besluit die arme man is sommer self skuldig. soos genoem, het almal ‘n kruis of twee om te dra. Waarom so maklik besluit wat hy dink? Sal die Pienk daisies nog help soek, bv in PE waar hy dan vermoedelik heen is?

Landie ·

Theresa, die berig lees: “Beeldmateriaal by Pretoria-stasie wys hy was om 14:30 daar om die bus te haal”. As hy nie die kaartjie gekoop het nie, hoekom was hy dan daar?

Hannelie ·

Hy moes eerder reguit gesê het hy gaan die pad vat!! Soveel familie en vriende stres nou oor hom…..en hy dink klaarblyklik nie eens daaraan nie. Ai maar ek bid dat hy veilig is, want net hy weet hoekom het hy die bus gevat.

Marene ·

Dit is baie maklik om iemand te veroordeel wanneer jy nie weet was aangaan nie, so voor dat enige iemand lelik kan wees moet hulle al die kante van die stories hoor en dan het hulle eindlik ook geen reg om sulke goed te kan sê nie. Mens weet nie wat die omstandigheid was nie so almal moet net kalmeer. Dink aan al die mensen wat na aan hom is, sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.