Polisie lê beslag op byna R3 miljoen se verstrykte goedere

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het beslag gelê op R2,9 miljoen se goedere wat reeds hul vervaldatum bereik het, by verskeie winkels in die Noord-Kaap.

“ʼn Klopjag is Vrydag in Warrenton op vyf winkels gedoen,” het kapt. Philane Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê. “Daar is beslag gelê op goedere ter waarde van R500 000 in vier van die vyf winkels wat besoek is. Dit was veral winkels wat nie enige dokumentasie kon wys vir nakoming nie.”

Volgens Nkwalase het immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake en inspekteurs van die omgewingsgesondheid by die handelsmisdaadeenheid van die Valke aangesluit vir die ondersoek. Die Valke het drie gebiede besoek waar goedere wat se vervaldatum reeds verstryk het, glo aan die onderskeie gemeenskappe verkoop word.

“Dieselfde operasie is op 25 Januarie in Pampierstad uitgevoer met die gesondheidsinspekteur van Phokwane-munisipaliteit en immigrasiebeamptes. “Nege winkels is besoek en goedere ter waarde van meer as R1,2 miljoen is gekonfiskeer en aan die gesondheidsinspekteur oorhandig om daarvan ontslae te raak,” het Nkwalase bygevoeg.

In Hartswater het die Valke op 27 Februarie op vier winkels toegeslaan en goedere ter waarde van R1,2 miljoen is gekonfiskeer en ook aan die gesondheidsinspekteur oorhandig.

“Nie al die winkels in die omgewing is besoek nie, as gevolg van die gebrek aan gesondheidsinspekteurs,” het hy gesê. “Ons doen dus ʼn beroep op die publiek om bedag te wees wanneer hulle kruideniersware aankoop, veral vir babas. Die ondersoek duur voort in die provinsie om seker te maak dat ons gemeenskappe waarde vir geld kry. Geen klagtes is aanhangig gemaak teen die winkeleienaars nie, hangende die verslag van die inspekteurs van omgewingsgesondheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

peanut ·

Dis nou goed en wel, maar n blikkie kos wat n week of 2 verby vervaldatum is doen geen skade, n krimineel wat op vrye voet is doen baie skade, nou vra ek net WAAR is die logika in prioriteit

Piet Pompies ·

Die vervaardiger word deur die wet verplig om ‘n verval datum op ‘n eetbare produk te plaas, van die produkte bereik hierdie datum nog voordat dit in die kleinhandel beskikbaar is.
Dan word die produkte as “nie veilig vir menslike gebruik” verklaar en dan aan ‘n derde party verskaf wat dit dan gebruik vir voeding van diere. Van hierdie derde partye bring die produkte terug in die kleinhandel teen pryse bietjie goekoper as normale kleinhandel prys maar teen groot wins vir homself.
Dit is onwettig, jy kan nie ‘n produk aan mense verkoop as die vervaardiger dit as “nie geskik vir menslike gebruik” verklaar het.
Ek sal ook nie my gesin daarmee voed, al lyk dit nog goed.

John ·

Vooraanstaande kettingwinkels kan nie uitgesluit word nie. Lees ‘n slag die houer-omslae. Sommer ook die bestanddele. Blou vleis en groen ertappels hoort nie op rakke nie, ook nie teen afslagpryse nie. Ou pille en vitamines maak mens gouer dood en dan betaal ons nogal self vir die ou kiste.

Pop ·

Dit is n goeie vraag peanut. Pleks hulle klopjagte uitvoer om skurke vas te trek met miljoene rande se gesteelde goedere. En dis maklik. Vra net vir bewys van aankope.

Paplepel ·

Meeste goedere is bruikbaar maande na die sg. vervaldatum. Ongelukkig mag dit nie meer met die oorspronklike etikette verkoop word nie. Ek koop baie lank al van die ongemerkte produkte teen minder as halfprys van ‘n nuwe. 2l Koeldranke – R5, Perskestukke 24 blikkies – R40, Onbytgraan(Kits) 1kg – R6-00 ens. ens. Die plekke wat uitgevang is het waarskynlik die etikette opgelos en die pryse dieselfde gehou.

nompie ·

geen wonder die hospitaale is so vol nie!!!!die gemors kosse wat mense so siek maak!!! ons koop kruideniersware kyk nie eers na die datums nie dit vat te veel tyd!!! Choppies is vuil …verkoop ook slegte vleis… en die pryse stem nooit ooreen op die rakke nie!!! het al talle keer met dit te doen gekry!!! praat ek met die bestuurder dan maak hul 1 fout reg! …. as ek weer koop dan sien ek weer goed raak waarvan die pryse nie ooreestem nie…

t ·

nompie – Jy moet hierdie belangrike inligting deurgee aan die minister van gesondheid. Daar dog hulle toe die heeltyd dis ongelukke, aanrandings, TB, VIGS, koeëlwonde en dies meer wat die hospitale vol maak.

Veronica ·

In ons dorpie in die vrystaat kry werkers n lappie en spirits om die vervaldatums van die goedere te verwyder. As jy nader kom maak hulle of hulle rakke pak maar die hele winkel ruik na spirits. Ek het eenkeer n werker gevra wat maak jy toe kom skel die winkeleienaar my uit.

Wanda ·

Jy kan dit nie eet nie! Die gemors wat hulle in ons kosse sit om die rak lewe te verleng, skop in na die verval datum. Onthou daai vreeslike storie van koek en pannekoek beslagte wat mens in pakkies koop e met water melk en olie aanmaak. Nee wat ek gebruik maar die boere manier van kos maak en geen blikkie of kits ding kry jy in my koskaste nie.

Sussa ·

Ek het al in Gariepdam by hul winkeltji kos gekoop en moes vir my dogter purity kry n toe is die verval datum al 3 maande vroeër gewees. Ek het onmiddelik die toonbank assistente ingelig dat hul dit moet afhaal. Kannie sê of hul dit toe wel gedoen het nie

#Gerda ·

# Paplepel – WAAR kry jy daardie voorraad so goedkoop te koop?

lw ·

Baie goeie werk Valke! Ons wil graag nog suksesstories lees in verband met plaasmoorde en wie agter dit sit!

simon ·

Die verval datum op produkte is n wetlike vereistes om te VOORKOM dat produkte vir onbehoorlike lang tye op die rak bly met geen aansporing vir die winkelier om dit te verwyder.
Met die aanbring van verval datum verander dit alles.
Daar bestaan produkte wat wel ongeskik vir menslike gebruik word met verloop van tyd. Dit is gewoonlik sg “nat” produkte.
Droge produkte bereik hierdie toestand baie moeiliker.
Almal van ons het al produkte gekoop ruim voor die verval datum en dit by die huis gebruik lank na die verval datum en het GEEN agteruitgang opgemerk nie.
GEEN produk is 100% geskik vir gebruik tot by verval datum en die dag na die verval datum verval tot 100% ONGESKIK vir menslike gebruik nie.
Bekyk die geval van water wat gekook word vir koffie maak. Dit kan maklik n minuut of meer neem nadat die ketel afgeskakel het voordat dit in die beker met koffiepoeier gegooi word sonder dat dit.afbreuk doen aan die kwaliteit. Die.afskakel van die kerel is die verval moment van die kook water. Daarna is dit WARM WATER.maar nog geskik vir gebruik.
Uiteindelik is die verval datum n bietjie van n duim suig bepaling maar dit word wetlik aged wing sonder wetenskaplike gronde.

katryn ·

Ek koop nou ook al vir jare afgemerkte kosse – verby vervaldatum, etikette meeste van die tyd verwyder. Die winkel is geregistreer by die dept van gesondheid (volgens hulle website) en die uitgangspunt is dat kosse weggegooi word terwyl dit nog vir maande bruikbaar is. Glo my, die kosse makeer niks. Ek is baie vol fiemies, en gooi gou-gou ‘n ding weg wat nie lekker lyk nie, maar meeste van die bokse pap, blikkies kos, energy bars, pasta, konfyt makeer net mooi niks. Ek sal aanhou daar koop – sakke vol kos en teen R200 – in ander winkels kry ek een sak kruideniersware vir daai geld. Ek verstaan nie hoekom hulle moes beslag lê op die kosse nie en daarvan moet ontslae raak nie – daar is so baie arm en honger mense wat dit kon gebruik. Dit IS meeste van die tyd nog geskik vir menslike gebruik.

jk ·

Katryn, ons is pensionarisse – watter winkels en in watter provinsie kan ons die kos te koop kry?

katryn ·

ons is in die Kaap – ek mag seker nie adverteer nie, maar die winkels is foodies en ook giant hyper (kleinletters, dan sien hulle dalk nie die gratis advertensie raak nie ;-).

snoefie ·

word vars produkte nie huis geblik en gebottel vir later gebruik nie? ek onthou n Tannie se trots toe sy n bottels ingelegte perskes na twintig jaar oopgemaak het en nog jare later springkewendig is nie.

Tersia ·

Dit is malligheid om kos wat verval het te vernietig. Ek het al blikkies kos gebruik wat al n jaar verval het in my eie huis! Ek werk self in n sopkombuis en sal maar te dankbaar wees om van daai kos te kry. Want daar is mense wat doodgaan van die honger! En nou se hulle in die berig dit gaan vir veevoer? So raai wat? Dit eindig in elk geval op ons tafels!

#Gerda ·

Dankie Katryn! Daar is tog produkte wat gebruik kan word na die verval datum – natuurlik nie vars produkte nie, maar as ek kan ‘spaar’op my maandelikse kos uitgawe, hoekom nie? Vir ons gesin van 4 kos dit al R5000 + per maand om aan die lewe te bly….

Johann ·

Wil graag net byvoeg, sommige winkeliers, slaghuise ens, dink regtig hulle voer ‘n klomp varke, gee nie om vir mens en dier nie

Lou ·

Hoop nie die VALKE slaan op my kruideniersware kas toe nie! Storm in n teekoppie – het hulle regtig niks beter om te doen nie? Wat van plaasmoorde?

Anel ·

Ek weet my vorige baas vir wie ek gewerk het het sespog hoe sy vrou deur iemand by Woolworths wat met haar bevriend was hulle gekontak het om hulle te laat weet van vervalde datums en hulle dit verniet of teen niks gekry het nie…….. en nog daarby gespog het dat wanneer hulle dit gekry het dit nog alles in orde was……….. vir hulle was dit ‘n winskopie en glo my hulle was nie arm mense nie….. hulle eie besigheid met kinders in privaat skole ens……

John ·

Spaar mens van hierdie mense met yskaste en spense vol ou kos. En dan voer hulle dit gewoonlik vir die kuiergaste… Ok maar goed die Bybel se moenie vra oor wat in jou gasheer se kombuis aangaan nie. Die Bybel is altyd reg. Dis gewoonlik ook al kere wat ek ‘n streng vastydperk kan volhou…

Yolandy ·

Vraag is hoe gaan hulle ontslae raak van dit? Free shopping. Ek het al baie vervalde produkte geeet en ek is gesond en 100% lewendig. Net dairy, vleis en vars vrugte en groente kan slegword. As jy rerig swaar gekry het dan eet jy tot gemuffde brood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.