Polisie lê beslag op dwelms by Orkney

Die tablette waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Mandrax-tablette ter waarde van sowat R190 000 is die afgelope week in Orkney in Noordwes gevind en vier mense is in hegtenis geneem nadat hulle tydens ʼn roetine-patrollie voorgekeer en hul voertuig deursoek is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê lede van die groep teen onwettige mynboubedrywighede, wat ook bestaan uit lede van die polisie se intervensie- en misdaadvoorkomingseenheid, was Donderdag omstreeks 15:30 in Lourensparkweg in Orkney toe hulle die voertuig, ʼn Renault Megane, voorgekeer het.

Tydens die deursoeking van die voertuig het die polisie afgekom op verskeie sakke met tablette, oënskynlik Mandrax, asook ʼn groot bedrag geld.

Die verdagtes is tussen 18 en 34 jaar oud en is aangekeer vir die beweerde handel in dwelms.

Die polisie het ook op die voertuig beslag gelê.

Die verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Orkney-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zacahara

Orkney snork nie….!!!! Hulle is so kalm soos ‘n dagga-walm…!!!

Nioleen

Sluit toe en gooi sleutel weg. Hoeveel kinders se lewens word deur dwelms verwoes? Hoop die regstelsel sal hulle nie weer vry laat nie.

Riaana

Ja dwelms moor ook ons mense uit soos plaasmoorde, sluit hulle toe hoe minder button koppe daar buite is hoe minder crime… Of is dit don’t drink and drive but smoke and fly… Dis wat gebeur as dagga legal gemaak word, it’s not inside it’s ON TOP!!!!

Maggies

Aag wat as hulle die borgtog boete kan bekostig is hulle weer ‘n week later op straat. Ons weet mos hoe dit gaan.

Blomme

Die meeste dwelmsmouse is die onwettige buitelanders.. SA se beleid ten opsigte van immigrasie laat die land in die steek.. Te veel deur heiningkruipers met geen rekord trekking op hulle loop in die strate rond.