Polisie lê beslag op meer as R600 000 se dagga

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Vrystaatse polisie sê dit was danksy die waaksaamheid van die eenheid vir misdaadvoorkoming op die dorp Cornelia in die noordooste van die provinsie dat ʼn vrag dagga op die R34 onderskep en twee verdagtes (onderskeidelik 43 en 35) in hegtenis geneem is.

Lede van die eenheid het Sondag omstreeks 05:00 gesien hoe ʼn eentonbakkie se bestuurder op die R34 suid van die dorp jaag. Hulle het die bakkie agternagesit tot die bestuurder by ʼn plaas stilgehou het.

Toe die bestuurder gevra is waarom hy gejaag het, kon hy nie antwoord nie. Die lede wou toe weet wat onder ʼn blou plastiekbedekking agter op die bakkie was. Die bestuurder van die voertuig en die passasier het gesê dis komberse.

Die lede het hulle dokumente of fakture gevra van waar die komberse gekoop is of waar dit afgelewer moes word, maar die verdagtes kon geen bewyse gee nie. Die polisiebeamptes het toe besluit om die vrag te deursoek.

Dit was toe dat die polisie op die verstommende vonds van sakke verpakte en saamgepersde dagga ter waarde van nagenoeg R600 000 afgekom het.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN maak n fout ·

Die bestuurder MOES eerder bietjie gerook het, dan sou hy so kalm soos n daggawalm gewees het!
Dis omdat hy nugter was dat hy so gejaag het…

Violet ·

Raad?: Hoe ;wie en waar kan mens gaan om dwelmhandel te raporteer. Nie net raporteer nie maar dat daar well iets gedoen word daaraan as die polisie “beskermings eenheid” fail ?
In n klein dorpie soos Mooinooi wat dit helder oor dag gebeur maar daar word niks gedoen.
Help…

Doemprofeet ·

Dit is vir huisgebruik. Wat`s die Boere (lw:Polieste) se probleem? LOL
Tot die wet nie duidelik is nie gaan dit `n grys gebied bly.
Elke tweede persoon het deesdae `n grow-op vir “medisinale” gebruik.

Lallie ·

Daar is groot aanvraag vir kannabis weens die aanneming dat dit interdaad nou wettig is. Ek verkies dat hulle eerder in my opinie die heroin en meth verkopers opspoor in plaas van net jou groen rokers wat geen benadeeling teenoor die samelewing veroorsaak nie.

Katerina ·

Jammer hulle kan nie plaasmoordenaars en ander kriminele so vinnig en effektief vang as die smokkelaars van doodnatuurlike Plante..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.