Polisie lê beslag op miljoene rand se perlemoen

Die polisie in Kaapstad het beslag gelê op 16 bokse met gedroogde perlemoen én afgekom op ‘n onwettige aanleg waar die perlemoen verwerk word. (Foto: SAPD)

Die polisie in Kaapstad het beslag gelê op amper 350 kg gedroogde perlemoen met ʼn geraamde straatwaarde van nagenoeg R2 miljoen.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê lede van Kaapstad se honde-eenheid was gister met ʼn verkiesingspatrollie besig toe hulle agterdogtig geraak het oor ʼn bakkie wat pas by ʼn pakhuis uitgery het.

“Omstreeks 15:15 het hulle die voertuig deursoek en 16 verseëlde bokse met gedroogde perlemoen gevind,” het Rwexana gesê.

Die polisielede het ook die pakhuis deursoek en afgekom op ʼn onwettige aanleg waar perlemoen gedroog word. Daar is beslag gelê op verskeie stukke toerusting, onder meer ʼn groot staalkookpot, gasbottels, pype en branders, waaiers, verhitters, droograkke en sakke met sout.

ʼn Chinese burger (25) is in hegtenis geneem ingevolge die beweerde oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne. Hy sal na verwagting môre in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

willem botha ·

Daar is seker nie beter polisie in die wêreld soos in SA, natuurlik net as dit by perlemoen en perlemoen stropers kom nie

Andreas ·

Dis maar moeilik om met ons ellelange kuslyn perlemoenstropers vas te vat. Ons lees bykans weekliks van miljoene rande se perlemoen wat op af gekom is. Daar is eintlik nie ‘n manier hoe mens voorkomend kan optree nie, buiten om iets aanlokliker vir hulle daar te stel waarin hulle eerder sal belangstel. Dus is die enigste alternatief of die manne vas te vat na die daad gepleeg is en dan op die fonds beslag te lê. Nou ja, dan is die skade klaar gedoen.

Andreas ·

Dis laat my aan stropers van renosterhoring en die boere dink wat wil bewaar deur met renosters te boer. Ingelyks as hulle met perlemoen sou “boer” sal die mark nooit versadig word nie.

Paul ·

Dit is al rede hoekom die Chinese so lief is vir S A en dit is om te kom stroop aan alles wat vir hulle belangrik is. Die SA regering het dit nog nie agter gekom nie of werk saam

marous ·

As jy ‘n slang wil dood moet jy sy kop afkap , en dit sal soos al die ander georganiseerde misdaad in die land , nooit gebeur nie .

SêMaarNet ·

Die polisie verkoop natuurlik die perlemoen wat afgevat is op veiling en maak derduisende rande daaruit. Hoekom dan die stropers stop voor hulle dit uithaal? – dit is net nie winsgewend nie…

willem Botha ·

Jy is heeltemal reg hoekom plaasaanvalle verhoed as jy net kastig n moord kan ondersoek ,polisie is ons nr1 vyand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.