Polisie lê beslag op miljoene se vervalste note in Pta

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Vervalste R100- en R200-note ten bedrae van meer as R2 miljoen is by ʼn man in die weste van Pretoria gevind.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die man en nog ʼn man het Vrydag by ʼn gastehuis in die stad aangekom waar hulle ʼn bespreking gehad het.

Volgens die polisie het die gastehuis die polisie ontbied nadat hulle agterdogtig oor die twee mans geraak het.

Polisielede is na die gastehuis waar een van die mans summier die hasepad gekies het.

Sy vermeende makker is met die R100- en R200-note betrap. Die geld was alles vervals.

Masondo het gesê die verdagte is aangekeer vir die besit van vervalste geld. Hy verskyn na verwagting Maandag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Wat sal die skelms nog uit dink? Nee genade mens werk vir jou geld

Anon ·

Sou wonderlik wees as die SAPD lede wat so graag mense vir omkoopgeld vra hiermee betaal kan word :-)

shari ·

Sou nie omgegee het vir so n ou gelukbringertjie nie vervals of nie.So nou wragtig handig te pas gekom het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.